Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Maandag uitspraak lewer of die ontseteling van die voormalige burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), Maphetle Maphetle, ongeldig was.

Dit volg nadat die ANC verlede Dinsdag aangekondig het hulle versoek dat die raadsvergadering, waartydens DA-raadslid Annette Combrink as burgemeester aangewys is, ongeldig verklaar moet word. Die ANC erken Combrink nie as burgemeester nie en het gesê Maphetle is steeds die burgemeester.

Chris Hattingh, die DA se leier van Noordwes, het Donderdag die besluit verwelkom en gesê die “dooie punte” in die munisipaliteit kan uiteindelik tot ʼn einde kom. “Ons sal alles in ons vermoë doen dat standvastigheid en respek tot die Tlokwe-munisipaliteit terugkeer,” het hy gesê.

Combrink is op 2 Julie vir die tweede keer sedert November as die nuwe burgemeester aangewys.
Die ANC se tugkomitee in Noordwes het 14 van sy raadslede geskors wat teen Maphetle gestem het. Hulle is ook as Tlokwe-raadslede afgedank.

Die ANC het op 10 Julie hofdokumente op 48 Tlokwe-raadslede bedien. Die dokumente is op 26 ANC-raadslede, 19 DA, twee Vryheidsfront Plus en een Congress of the People-raadslid bedien.

Lees ook:
ANC hof toe oor Tlokwe
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.