Toilet-moord: Inwoners ontstoke; drie word ondervra

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, is ontstoke nadat die liggame van twee kleuters, onderskeidelik twee en drie jaar oud, Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in die gebied opgespoor is.

Die inwoners het Dinsdagaand die strate ingevaar en dit met klippe en brandende bande versper.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Woensdag gesê die situasie is weer kalm. “Geen verdere voorvalle is sedert gisteraand aangemeld nie,” het hy aan Maroela Media gesê.

Hy het gesê niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondervra tans drie mans in verband met die voorval. Hulle is op soek na nog man wat moontlik met die voorval verbind kan word.

Maroela Media het vroeër berig die twee niggies, Zandile en Yonelisa Mali,is oor die naweek as vermis aangemeld. Volgens lede van die gemeenskap is die twee kleuters vir die laaste keer gesien toe hulle glo saam met ʼn onbekende man gestap het. Hulle is vermoedelik verkrag voordat hulle vermoor is.

Lees ook:
Toilet-moord: Kleuters was glo vermis
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ek ·

Twee berigte na mekaar 3 kleuter vermoor. Waar gaan dit stop Mnr. die presedent? Dit is jou eie mense, die wat jou verkies het as presedent, maar jy vee nog steeds jou g@T daaraan af. Weet seker of jy nou iets doen of nie, hulle bly maar so onnosel om weer vir jou te stem.
O nee jammer misdaad is mos onder beheer en niks om oor bekommerd te wees nie. Wonder hoe dit in hierdie land sal gaan indien misdaad volgens jou buite beheer gaan wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.