Toilet-moord: Kleuters was glo vermis

Argieffoto

Argieffoto

Die twee kleuters wat Dinsdagoggend in ʼn toilethokkie in Diepsloot, noord van Johannesburg aangetref is, is oor die naweek as vermis aangemeld.

“Die twee dogtertjies se ouers het hulle Saterdag as vermis aangemeld,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee kleuters is onderskeidelik twee en drie jaar oud.

Volgens EWN het lede van die gemeenskap die twee dogtertjies Saterdag saam met ʼn onbekende man sien stap. Hulle is vermoedelik verkrag voordat hulle vermoor is.

Hulle liggame is Dinsdagoggend deur ʼn lid van die gemeenskap in ʼn toilethokkie aangetref.

Lees ook:
Meisies se liggame in toilet aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Goeie jinne maar die mense is uiters barbaars! Hulle is erger as wilde diere!!! Hoe maar hoe, kan mens so n nasie respekteer? Daar is nie n manier nie!! Sies!

Marie ·

My innige simpatie met die ouers van hierdie dogtertjies. Vir die man wat dit gedoen het, ek hoop die gemeenskap kry jou in die hande voor die polisie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.