Tongaat-winkelsentrum moontlik gesloop

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Die munisipaliteit in eThekwini oorweeg om ʼn ontwikkelaar te dwing om die onwettige winkelsentrum, wat Dinsdag gedeeltelik ineengestort het, te sloop.

Een vrou is dood, 29 persone beseer en een persoon word glo nog steeds vermis nadat ʼn gedeelte van die winkelsentrum in Tongaat, KwaZulu-Natal, ineengestort het.

“Die raad ondersoek nou die moontlikheid om regstappe te doen vir minagting van ʼn hofbevel en die moontlikheid vir die eienaar om die struktuur te sloop,” het Sibusiso Sithole, bestuurder van die eThekwini-munisipaliteit, gesê.

Burgemeester James Nxumalo het Woensdag bekend gemaak dat die eiendom se ontwikkelaar en eienaar, Rectangle Property Investments, nie toestemming ontvang het om die winkelsentrum op te rig nie.

Lt. Jack Haskins van die honde-eenheid in Pietermaritzburg het Donderdag gesê honde word gebruik om te bepaal of daar nog mense onder die puin vasgekeer is. “Die honde het ʼn reuk onder ʼn betonblok geruik. Dit kan 20m ver weg wees. Ons weet nie wat dit is nie. Ons sal nog van die rommel moet verwyder voordat ons die honde kan instuur,” het Haskins gesê. Dit is moontlik dat die reuk óf van ʼn liggaam af kom óf van ʼn kledingstuk met bloed daarop wat een van die werkers, wat gered is en hospitaal toe geneem is.

Die winkelsentrum sou in Maart 2014 sy deure oopgemaak het.

Klik hier vir grafika van hoe die winkelsentrum ineengestort het.

Lees ook:
Nog een vermis ná winkelsentrum ineenstort
Glo geen goedgekeurde bouplanne vir Tongaat-winkelsentrum
Ondersoek ná winkelsentrum ineenstort
Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort
Foto’s: 50 werkers moontlik in winkelsentrum vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.