Totale alkoholverbod vir motoriste kry momentum

Argieffoto

Die regering se plan om ʼn totale verbod op alkholgebruik vir motoriste in werking te stel, is nog ʼn stappie nader.

In die stadium is dit wettig vir motoriste om te bestuur met ʼn alkholbloedvlak onder 0.05ml.

Volgens die Sowetan het ʼn inter-ministeriële komitee oor alkohol- en dwelmmisbruik, onder leiding van die minister van maatskaplike ontwikkeling Bathabile Dlamini, besluit om ʼn voorlegging aan die kabinet te maak dat motoriste geensins alkohol mag gebruik as hulle gaan bestuur nie.

Tiyani Rikhotso, die woordvoerder van die departement van vervoer, sê motoriste minag die huidige alkholperk. Volgens Rikhotso word die meeste ongelukke deur dronkbestuurders veroorsaak. Hy sê die departement ondersteun ook die vooruitsig dat alkohol-advertensies verbied moet word, met die hoop dat dit nie nuwe drinkers gaan “lok” nie.

Lumka Oliphant, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het gesê die voorgestelde wet gaan aan die kabinet voorgestel word, voor die publiek openbare kommentaar sal kan lewer.

Gary Ronalds, die woordvoerder van die Motorvereniging van SA (AA), het aan die koerant gesê vandat ʼn totale verbod op alkohol vir motoriste in Brasilië in werking getree het, het dit gelei tot ʼn 30% afname in padsterftes en beserings.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

andre van blommestein ·

Ek het geen beswaar hierteen nie.As mense na aan my wil gaan kuier sal ek hulle selfs aflaai en gaan haal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.