Twee skuldig aan Henning-moord

ambrose monye en andre gouws chanelle henning

Ambrose Monye en André Gouws tydens ‘n vorige verskyning. Foto: SAPA

Ambrose Monye, ʼn voormalige Olimpiese atleet van Nigerië, en André Gouws is Maandag deur die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind vir die moord op Chanelle Henning.

Regter Johan Kruger het die uitspraak gelewer, berig EWN.

Kruger het Monye en Gouws se getuienis verwerp en dit as “ongeloofwaardig en in sommige gevalle onlogies” beskryf.

“Albei mans weergawes is vals en is kenmerkend van gedagtes wat ná die tyd saamgeflans is in ʼn poging om hul betrokkenheid te vermom,” het Kruger gesê. “Daar is geen moontlikheid dat hul getuienis, bo redelike twyfel, waar is nie.”

Kruger het ook Gouws se verklaring, dat hy nie Henning se persoonlike inligting aan die twee skieters oorhandig het nie, verwerp.

Kruger het die moord as ʼn klasieke sluipmoord beskryf en gesê Monye en Gouws het op instruksie van hul mede-samesweerders reageer. Hy het Gouws as die opstoker beskryf.

“Gouws wou Chanelle Henning doodgemaak het. Hy het Monye aangesê om die dienste van die twee mans te bekom, wat gewillig was om haar te vermoor. Monye sou deur Gouws vergoed word ná die moord,” het Kruger gesê.

Kruger het gesê sonder Gouws se betrokkenheid sou Monye geen motief of inligting gehad het wat tot Henning se dood kon lei nie.

Die mans kan lewenslange tronkstraf opgelê word. Hulle gaan na verwagting Woensdag gevonnis word.

Henning (26) is op 8 November 2011 in Faerie Glen, Pretoria, deur twee mans op ʼn motorfiets doodgeskiet nadat sy haar seun by die kleuterskool afgelaai het. Gouws en Monye het onskuldig gepleit op vyf aanklagte wat verband hou met ʼn sameswering om haar te vermoor. Die staat het aangevoer dat Monye en Gouws ʼn komplot gesmee het saam met die voormalige polisieman Gerhardus “Doepie” du Plessis en Willem “Pike” Pieterse (alias Tattoo). Du Plessis en Pieterse, wat selferkende dwelmverslaafdes is, dien tans elk 18 jaar tronkstraf uit nadat hulle skuldig gepleit het op hul aandeel in die moord.

Bron: EWN

Lees ook:
Chanelle Henning-saak: Vermeende moordenaars het “saamgesweer”
Chanelle Henning: Skieter se vrou vas oor dwelms
Chanelle Henning-saak: Nico het glo finansieel swaargekry ná moord
Chanelle Henning-saak: Bewerings oor dwelms, molestering
Chanelle Henning-saak: Monye se oproepe, dreigemente bevraagteken
Chanelle Henning-saak: Monye se getuienis bevraagteken
Ambrose Monye getuig in Chanelle Henning-saak
Henning-saak: Staat het alle getuies ondervra
Henning-beeldmateriaal “geloofwaardig”
Chanelle se pa blameer haar man vir moord
Henning-moord: Verhoor hervat vandag
Henning-moordsaak: Verdagtes beweer aanranding in tronk
Henning-moord: Twee weer in hof
Henning-moord: “Ek is trots op jou, my vriend”
Henning-moord: “Ek kon nee gesê het”
“My tatoe is aan Chanelle Henning opgedra,” sê moordenaar
Henning-moord: Verskeie vergaderings om moord te beplan
Chanelle Henning se man het haar laat agtervolg
Henning-moord: “Ek het nie gedink nie. Ek het net gedoen.”
Henning-moord: Getuie blaf vir beskuldigdes
Henning-moord: Saak staan af
Henning-moord: “Monye het gesê ons moet dit doen”
Henning-moordsaak: Regter gefrusteerd
Henning-moord: Beskuldigdes pleit onskuldig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Henko ·

Hoe kan mens so sit en ‘ glimlag ‘ as jy weet jou hande is bevlek met bloed? Ek moes seker iets gemis het, waar pas haar man in, was hy aandadig, en waarom moes Chanelle uit die weg geruim word?

louise ·

Dit lyk nie juis of hulle veel gepla is dat ‘n kind sonder sy mamma moet grootword nie. Lyk heel in sy skik die Gous ou!

Alida Engelbrecht ·

Ek kan nie verstaan waarom Chanelle Henning se eks man nie aangekeer word nie. Die moordenaars het tog geen motief gehad om haar te vermoor nie . Hulle is gehuur en betaal om die moord te pleeg. Almal weet dat sy en haar eks in n stryd gewikkel was om toesig oor die seuntjie. Is twee plus twee dan nie vier nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.