Twee uitlanders tydens ‘rooftog’ doodgeskiet

Twee Zimbabwiërs is Sondag tydens ʼn beweerde rooftog in Gauteng doodgeskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die twee Zimbabwiërs het omstreeks 18:00 ʼn winkel, wat deur ʼn Somaliër besit en bestuur word, in Diepsloot betree.

“Die Somaliër beweer die twee mans wou hom beroof. Hy het ʼn vuurwapen uitgehaal en hulle noodlottig gewond,” het Dlamini gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied en het die Somaliër in hegtenis geneem op aanklagte van moord. Dié voorval volg nadat daar oor die afgelope tyd ʼn reeks winkels van uitlanders in Diepsloot beroof of geplunder is.

Die winkeleienaar moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.