UJ dun beste Afrikaanse skrywers uit

Argieffoto

Argieffoto

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het pas hul kortlys vir die gesogte beste skeppende skryfwerk in Afrikaans bekend gestel.

Prof. Marné Pienaar, die sameroeper, het gesê in 2000 het die UJ twee pryse vir Skeppende Skryfwerk in Afrikaans ingestel, naamlik die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans; en die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans. “Altesaam 59 inskrywings vir werke wat in 2012 verskyn het, is ontvang. Na afloop van die keurproses kan ons nou die kortlys bekend stel,” het Pienaar gesê.

Die keurpaneel het bestaan uit prof. Henriëtte Roos van Unisa, prof. Thys Human van die Noordwes Universiteit, prof. Ronél Johl van die UJ, prof. Jac Conradie van die UJ, Janien Linde van die UJ, Frederick Botha van die UJ, dr. Karin Cattell van die Universiteit van Stellenbosch, Jo Prins van Boeke24 en Christelle Webb-Joubert van RSG.

Die kortlys vir die UJ-prys vir die beste skeppende werk in Afrikaans is:
1. Philida deur André P. Brink
2. Onse Vaders deur Karin Brynard
3. Vaarwel, my effens bevlekte held deur Johann de Lange
4. Om die gedagte van geel deur Petra Muller
5. Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach

Die kortlys vir die UJ-prys vir die beste skeppende debuutwerk in Afrikaans:
1. Bloedfamilie deur M.S. Burger
2. Die twee lewens van Dieter Ondracek deur André Krüger
3. In die skadu van soveel bome deur Hennie Nortjé

Die wenners sal op 1 Oktober aangekondig word en die oorhandiging van die pryse vind op 10 Oktober by die UJ plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.