Vavi ontvang uiteindelik klagtestaat

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi

Zwelinzima Vavi, die geskorste hoofsekretaris van Cosatu, het vyf maande nadat hy op spesiale verlof geplaas is, ʼn klagtestaat van die vakverbond ontvang.

“Hy het uiteindelik, sedert sy onwettige skorsing, die klagtestaat met al die beweringe teen hom ontvang,” het John Dludlu, sy woordvoerder, gesê. “Ons is besig met gesprekke met albei ons prokureurs en bondgenote buite die vakverbond, om die weg vorentoe te bepaal.”

Patrick Craven, Cosatu se woordvoerder, het gesê hy kan nie oor die aangeleentheid kommentaar lewer nie, aangesien dit ʼn interne saak is.

Vavi is in Augustus op spesiale verlof geplaas hangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre ondersoek aangaande ʼn verhouding met ʼn junior werknemer.

Lees ook:
Vavi sê jammer op Twitter
Vavi nader die hof oor skorsing
Vavi se aansoek uitgestel
Nuuskommentaar: (Pik + Vavi) x (Marikana + Zuma) ?
Vavi met “spesiale verlof”
Vavi glo geskors
Nuuskommentaar: Knyp die kat in die donker
Verkragting-klag teen Vavi glo laat vaar
Verkragting-skandaal: Vavi se klaagster verduidelik wat het gebeur
Vavi afgepers in verkragting-skandaal

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie ·

En dit is die soort van gebeure wat die ondergang van die anc vinniger gaan laat plaasvind Hulle moet net so aanhou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.