Vermiste seuntjie gevind

Marco van Staden

Marco van Staden

Die 4-jarige Marco van Staden wat Woensdagmiddag in Elandia in Klerksdorp vermis geraak het, is ongedeerd gevind.

Sanet Pretorius, Marco se tannie, het aan Maroela Media bevestig dat Marco omstreeks 17:00 gevind is. Sy sê Marco se ma het sy boetie by die skool gaan haal en Marco in sy ouma se sorg gelaat. Toe Marco se ma omstreeks 13:00 tuisgekom het was daar geen spoor van Marco nie. Pretorius sê hulle het onmiddellik na Marco begin soek en op sosiale netwerke vir bystand gevra. Sy sê hulle het ook die polisie gekontak en dat polisiebeamptes kort hierna by die huis aangekom het. Volgens Pretorius het talle gemeenskapslede onmiddellik by die soektog betrokke geraak en is daar orals na Marco gesoek. Marco is omstreeks 17:00 in sy ouma se kamer onder kussings op die bed gevind. “Ons kan nie glo hy het nie wakker geword toe sy ma histeries na hom geroep het nie.” Pretorius het haar dank uitgespreek teenoor almal wat by die soektog betrokke was en vir Marco gebid het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugenie ·

Als goed eind goed!

Dis wonderlik dat mense in ‘n krisistyd soveel omgee toon.

Ina ·

Baie bly hy is gevind . net jammer logika is nie gebruik in die soektog na die kind nie .. hoe moeilik is dit om ‘n kind onder kussings te sien slaap??, jy keer alles in die huis om , kyk in kaste , kyk in yskas ,vrieskas ,onder alles in alles ,selfs bo op alles .. elke liewe hoek in en om die huis word derusoek en dan skreeu jy wolfd wolf .. en hoe het die ouma nie geweet waar hy is nie ?? sy moes mos na hom omsien ?? O genade mense se agterlosigheid /nalatigheid aangaande kinders gaan my verstand te bowe ,,

Toekels ·

regtig…. soms neem paniek en angs, veral as ‘n kind in vandag se wereld wegraak, alle logika weg van ‘n mens.
Hierdie kritiek is onnodig. Vandag sit die meeste van ons soveel kussingkies op die bed ‘n klein kindjie raak maklik weg daarin. Veral as hy dit nooit voorheen gedoen het nie, sou mens maklik nie daaraan dink om daar te kyk nie. Sê ma net….., al hierdie wyse mense op die forum raak partykeer so heilig en alwetend dit maak mens naar. Die arme Ouma het f seker deur tien dode ge gaan in die tyd dat die kleintjie weg was.
Skree liewer betyds wolf dit kan net die verskil maak. Baie bly die seuntjies is veilig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.