Vermiste vliegtuig gevind

ligte-vliegtuig-320x240Die Suid-Afrikaanse Lugmag het die vliegtuig wat Woensdag onderweg van Port Alfred na Port Elizabeth vermis geraak het, opgespoor.

The Herald berig dat ʼn lugmaghelikopter Saterdagmiddag op die wrak afgekom het in ʼn kloof in die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap. Volgens die berig is besonderhede rakende die ongeluk nog vaag aangesien die toneel slegs per helikopter bereik kan word. Daar is nog nie bevestig of Cliff Pike, die vlieënier, die ongeluk oorleef het nie. Lees meer hier.

Maroela Media het gister berig dat Pike se enkelsitplek-vliegtuig een van drie ligte vliegtuie was wat Woensdag na Port Elizabeth gevlieg het. Pike se vliegtuig het egter nooit in Port Elizabeth aangekom nie. Die drie vlieëniers het glo verskillende roetes gevlieg nadat daar digte mis opgesteek het. Pike, ʼn sakeman van Benoni, moes glo die naweek aan die Mosselbaai-lugskou deelgeneem het.

Lees ook:
Beloning uitgeloof vir vermiste vlieënier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.