Vermoorde Teazers-baas se laaste oproep glo aan vermeende moordenaar

Die vermoorde Teazers-baas, Lolly Jackson. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die vermoorde Teazers-baas Lolly Jackson se laaste oproep was glo aan die man wat van sy moord verdink word.

City Press berig volgens selfoonrekords was dié oproep aan sy vermeende moordenaar, George Louca, 27 sekondes lank. Louca het Jackson na bewering op 3 Mei verlede jaar in ʼn huis in Edenglen geskiet. Sy lyk is ure later gevind. Volgens die selfoonrekords was Jackson se laaste oproep om 17:08 op die dag van sy dood. Hy is glo tussen 17:08 en 18:22 vermoor. Die rekords toon ook dat Louca die dag van die misdaad in gereelde kontak met Jackson en die sakeman Radovan Krejcir was. Hy het glo ook met twee polisiebeamptes gekommunikeer oor die tyd wat die moord plaasgevind het. Op die dag van die moord het Jackson en Louca na bewering 10 keer oor die telefoon gepraat en het die oproepe ʼn totaal van twee minute geduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.