Met die einde van die jaar in sig het Google die afgelope jaar met die video Zeitgeist 2012 – Year in Review opgesom.
Die jaar 2012 word deur die video beskryf as ʼn jaar vol nuuskierigheid, inspirasie, en groot verliese wat talle nooit sal vergeet nie. Regoor die wêreld is meer as 1.2 triljoen soektogte uitgevoer na verligting, ʼn keuse, ietsie spesiaal en talle meer. Soek voort!
Geniet dié inspirerende video.
Klik ook hier om te lees wat Suid-Afrikaners in 2012 wou weet.