Video: Cleveland se ontvoerde vroue bedank die publiek

Ariel Castro

Die video volg onderaan die berig. Drie vroue wat vir 10 jaar lank gevange gehou is in ʼn huis in Ohio, Amerika, bedank die publiek vir hul ondersteuning in ʼn video wat op YouTube gelaai is.

Amanda Berry, Gina DeJesus en Michelle Knight het Maandag vir die eerste keer in die publiek oor die voorval gepraat en sê dat die ondersteuning en aanmoediging van hul familie, vriende en die publiek hulle die nodige krag gebied het om hul lewens van voor af te begin.

Voormalige busbestuurder Ariel Castro het onskuldig gepleit op 329 aanklagte wat verband hou met die ontvoering van die vroue tussen 2002 en 2004 en dat hy hulle teen hulle wil in sy tweeverdiepinghuis in Cleveland, Ohio, aangehou het.

Tydens die aanhouding het Berry geboorte geskenk aan ʼn dogtertjie (nou ses jaar oud). Castro word ook daarvan beskuldig dat hy Knight uitgehonger en geslaan het sodat sy ʼn miskraam moet hê. Hy is op 6 Mei in hegtenis geneem nadat Berry deur ʼn deur kon breek en om hulp kon skree totdat ʼn buurman haar gehoor het.

Video-inligting:
:00 – :33 Amanda Berry (slagoffer)
:43 – :47 Gina DeJesus (slagoffer)
:49 – 1:08 Felix DeJesus (Gina se pa)
1:09 — 1:43 Nancy Ruiz (Gina se ma)
1:48 — 3:30 Michelle Knight (slagoffer)

Lees ook:
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
Vyf miskrame vir ontvoerde vrou
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Video: Vroue 10 jaar ná ontvoering gevind
http://youtu.be/oG0WePdZoxg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.