Video: Cosatu se e-tolprotes aan die gang

Betoging op die snelweg Foto: Jacaranda FM (http://www.jacarandafm.com/post/costau-e-toll-drive-slow-underway-pics/)

Die video volg onderaan die berig. Meer as 20 motors neem tans deel aan die “stadig ry”-betoging op die N3-snelweg in Johannesburg.

Die betoging, wat deur vakbondfederasie Cosatu gereël is, is teen die e-tolstelsel in Gauteng. Motors het swart en rooi plakkate vertoon met slagspreuke soos, “Moenie e-tolskyfies koop nie” en “Tolgeld op Gauteng se snelweë moet geskrap word”.

Die motors ry almal in een baan en word deur beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie en Suid-Afrikaanse Polisiediens vergesel. ʼn Njala-voertuig van die polisie lei die stoet.

“Sowat 30 motors het by die Katlehong-versamelpunt bymekaargekom en na verwagting sal meer betogers op pad by ons aansluit,” het Dumisani Dakile, provinsiale sekretaris van Cosatu in Gauteng, gesê. “Ons is tevrede met die opkoms.”

Hy sê daar is basiese reëls neergelê en almal sal hierby hou.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.