Video en foto’s: Drie dood, honderde beseer in Boston-bloedbad

Foto: Twitter

Minstens drie mense is dood en meer as ʼn 100 beseer na twee ontploffings gister naby die eindstreep van die Boston-marathon.

Die ontploffings het gister 21:00 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind. Die eerste ontploffing was glo sowat 25m van die eindstreep terwyl die tweede ontploffing sowat 15 sekondes later en ʼn blok verder plaasgevind het. Volgens berigte is ʼn agtjarige seun een van die oorledenes. Talle mense het glo ledemate in die ontploffing verloor. Dit is nog nie duidelik of enige Suid-Afrikaners in die ontploffings beseer is nie. Die FBI het die ondersoek na die voorval aanvanklik as ʼn “kriminele ondersoek” bestempel maar later gesê dit is ʼn “potensiële terrorisme ondersoek.” President Barack Obama het beloof om die oortreders aan die pen te laat ry. Die ontploffings het ure nadat Lelia Desisa van Ethiopië en Rita Jeptoo van Kenia die marathon gewen het, plaasgevind.

Al die foto’s is deur Twitter-gebruikers opgelaai:
[nggallery id=117]

Die video is deur een van die deeelnemers aan die marathon geneem:

Lees ook:
Derde ontploffing nie verwant aan Boston-marathon
Boston-marathon: SA’ners wat glo deelneem
Boston-marathon: Derde ontploffing bevestig
Foto’s en video: Ontploffings by Boston-marathon

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.