Video: Jasmin se ma te bang om gedenkdiens by te woon

Jasmin se ma, Sasha-Lee Bam. Foto: eNuus. Die video volg onderaan die berig.

Jasmin se ma, Sasha-Lee Bam. Foto: eNuus. Die video volg onderaan die berig.

Honderde mense het in Brakpan byeengekom om te treur oor die dood van die vierjarige Jasmin Pretorius, wie se oom daarvan beskuldig word dat hy haar verkrag en vermoor het.

Jasmin se ma, Sasha-Lee Bam, was egter te bang vir die gemeenskap om die gedenkdiens by te woon.

Intussen berig EWN Jasmin se begrafnis vind Woensdag plaas. Klik hier om meer te lees.

Die 23-jarige verdagte sal na verwagting Dinsdag weer in die Brakpan-landdroshof verskyn.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

Lees ook:
Jasmin: Groep stap uit oor politiek
Jasmin Pretorius: Verdagte na plek van veiligheid geskuif
Video: Gemeenskap woedend oor Jasmin Pretorius
Beskuldigde in hof oor Jasmin se moord
Man in hof vir Jasmin Pretorius se moord
Jasmin Pretorius: Inwoners betuig meegevoel
Vermiste vierjarige dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerhard Viljoen ·

Hoekom word die ouers gemerk? Hoe kan n ouer te bang wees on ha eie kind se rou diens by te woon agv die gemeenskap?
Klink vir my asof hier n storie agter die storie sit

petra van vuuren ·

as ek die ma van ‘n dogtertjie was, wat verkrag en vermoor is, en ek weet wie dit gedoen het, sou ek te bang wees om my neus by die deur uit te steek!
Ouers moet kinders beskerm, nie loslaat in vreemdelinge of iets dergliks, se toesig. Soos die pa gedoen het.
Wa was die ma dan? Jy laat nooit jou kinders so jonk net by die pa oorslaap nie! So waar was die pa???????????

Leana ·

Petra, dit is nie so maklik om net te se die kind mag nie oorslaap by die pa nie. Dit kon selfs gebeur het met die ouer dogtertjie.
Ek verstaan wat jy bedoel, maar as jy nou terugkyk na verlede week se gebeure waar een van ons sangers homself asook sy gewese vrou, die se man en die welsynbeampte doodgeskiet het, het mammas GEEN keuse nie.
Tog so jammer dat die WET ons kinders faal !

YOLANDA ·

bog,,, dis jou dogtertjie vroumens,,,,, hoe kan jy bang wees ????

SYLVIA ·

hkm bang wees voel jy dalk skuldig oor iets??????? hoe los jy in elk geval so jong kind by n pa alleen en dit n dogtertjie n mens dink altyd aan die nagevolge. was die dalk n beplande ding gewees wie sal weet die waarheid sal; uit kom hoop dai oom en wie nog saam in die ding was vrot in die tronk.

Justi ·

Hoe sal ons weet of dit nie dalk deur die hof of welsyn gereel is dat die Pa die kinders wel mag kry vir n naweek nie?
Graag wil ek aan die Ma se, niks maar niks sal my weghou van my eie kind se gedenkdiens nie. Veral nie as ek onskuldig is nie.
Ek sou, as dit nie anders kon nie aandring op beskerming teen die gemeenskap.

Ria Maritz ·

EEN VRAAG ! Hierdie jong ma het nie eers tydens die onderhoud EEN traan gestort nie, selfs geglimlag ?

Vir baie jare na my moeder se afsterwe kon ek nooit van haar praat sonder om te huil nie !?!?!

Wat MY aanbetref, ek sou verseker ook uitgestap het indien ‘n roudiens verpolitiseer is, magtig, dis ‘n kindjie wat dood is, wat het Mandela, ens. daarmee te doen ?!?!?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.