WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal en kan ontstellend wees vir sensitiewe kykers. Die video volg onderaan die berig.
Die polisie in Nieu-Seeland is geskok oor beeldmateriaal van ʼn besope negejarige seun wat van alkohol voorsien is en teen ʼn muur by ʼn skaatsplankpark lê.
Die polisie is Dinsdag na die Fairfield-skaatsplankpark ontbied nadat hulle verskeie oproepe van besorgde inwoners ontvang het oor die beskonke kind, het inspekteur Greg Nicholls aan die New Zealand Herald gesê.
Die video van die seun is vroeër die week op YouTube gelaai.
Die polisie het Woensdag bevestig dat die seun 18 blikkies Cody’s RTD whisky en kola met 7% alkohol gedrink het.
“Teen die tyd wat die polisie by die park opgedaag het, was die seun reeds weg, maar die polisie het met sy ontstelde ma gepraat,” het Nicholls bygevoeg.
Die polisie ondersoek die voorval en sal bepaal wie die alkohol aan die seun voorsien het.
Die seun spog ook in die video dat hy dagga rook.
Die seun sê in die video sy tannie het die alkohol aan hom verskaf, maar volgens Nicholls is die seun nie verwant aan die vrou nie en die man in die video is ook nie sy broer nie.
WAARSKUWING: Die video bevat kru-taal en kan ontstellend wees vir sensitiewe kykers.
Genade nee!!!