Video: Oud-Potch-burgemeester weier steeds om te ontruim

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die video volg onderaan die berig. Maphetle Maphetle, voormalige burgemeester van Tlokwe (Potchefstroom), het nie gehoor gegee aan ‘n kennisgewing om sy kantoor teen 5 Julie te ontruim nie.

“Maphetle het Maandag gepoog om die kwessie polities, en nie deur die wet nie, op te los,” het Chris Hattingh, leier van die DA in Noordwes, gesê. “Hy het ook aangedui dat hy sy burgemeesterskomitee aangesê het om nie hul kantore te ontruim nie.”

Volgens Hattingh sal die DA noukeurig evalueer wat in die vergadering gesê is om met die gepaste regsaksie voort te gaan. “Die DA bly die enigste politieke party wat stabiliteit in die munisipaliteit kan bring,” het hy bygevoeg.

Die DA het op 3 Julie weer beheer geneem van die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom nadat die party vir ʼn tweede keer ’n mosie van wantroue teen Maphetle ingedien het en dit aanvaar is.

Lees ook:
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

Die video is deur Beeld op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.