SpaceX, ʼn privaat onderneming wat deur ʼn ingenieur en uitvinder van Pretoria besit word, het Saterdag misluk in sy poging om ʼn vuurpyl na die internasionale ruimtestasie te lanseer.
EWN berig dat SpaceX sy Falcon 9-vuurpyl Saterdagoggend sou lanseer, maar weens ʼn probleem met een van die vuurpyl se enjins moes hulle die poging laat vaar. Die enjin se ontstekingsvolgorde het opgehelder, maar die rekenaars aan boord het outomaties afgeskakel. Die vuurpyl het op sy lanseerblad bly staan en die opstyging is gekanselleer.
Elon Musk, eienaar en miljardêr van SpaceX het die mislukte poging aan hoë verbrandingskamerdruk in een van die enjins toegeskryf. Dit sou die eerste poging wees om ʼn ruimtetuig wat privaat gebou is na die navorsingstasie te stuur.
George Diller, woordvoerder vir die Nasionale Aëronoutika en Ruimteadministrasie (NASA), het reeds begin aftel toe die missie kanselleer is. “Ons is afgesny. Opstyging het nie plaasgevin nie,” het hy in die laaste sekonde gesê.
ʼn Volgende lanseerpoging vir die Dragon-kapsule sal herskeduleer word en kan so gou as Dinsdag plaasvind. Privaat ondernemings hoop om vrag en later selfs ruimtevaarders na die ruimtestasie te vervoer. Tot dusver het slegs Amerika, Rusland, Europa en die Japanese regering dit reggekry om soortgelyke missies uit te voer.
Hier is ‘n suksesvolle lanseerpoging van die Falcon 9 op 20 Januarie 2011: