Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gaan die 15-jarige atleet, Irene van Niekerk, help.
Dit volg na berigte dat hulp aan haar as wit atleet wat in ‘n plakkerskamp in Gauteng woon, te polities van aard is en Saskok haar daarom nie gaan help nie. Gideon Sam, president van Saskok, sê dit is onsin en die proses is reeds aan die gang om Irene se atletiekdrome te bewaarheid.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, DStv-kanaal 144, elke aand om 19.00.
Lees ook:
Video: Jong atletiekster in plakkerskamp
Kampioen van plakkerskamp raak talle harte
Gouemedalje-kampioen bly in plakkerskamp
wil net vir julle se baie dankie daarvoor. ons almal weet julle steek julle koppe nou in i byenes maar ons het m@rse respek vir julle juis daaroor.
Dit is seker die beste nuus wat ons nog ontvang het
En toe sê ou Gideon nee sy is wit en sy organisasie gee nie geld aan wittes nie.
I hope what he means that..
Gideon het nooit gesê hy gaan haar nie help omdat sy wit is nie! Hy het wel gesê dat dit nie saak maak of sy wit of swart is nie en ook nie waar sy bly nie, maar hy gaan haar help omdat sy ‘n talentvolle atleet is. Ek weet, want ek was daar.