Minstens 51 mense is dood na ʼn reuse tornado Oklahoma City in die VSA getref het.
Minstens sewe van die oorledenes was kinders. Die tornado was glo sowat 3km breed en het in 40 minute ʼn pad van verwoesting gesaai vir sowat 17km. Die tornado het glo winde van tot 300km/h tot gevolg gehad. ‘n Vlaag van minstens 19 tornado’s het reeds verskeie Amerikaanse deelstate getref met waarskuwings wat in 14 deelstate uitgereik is en duisende mense wat sonder krag sit. Talle huise is verwoes en duisende mense is dakloos gelaat.
http://youtu.be/ChqzjZIuqGk