Video vrygestel ná wildtuin-aanval

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die video volg onderaan die berig. ʼn Olifantbul is in die Kruger-wildtuin van kant gemaak nadat hy op 30 Desember ʼn egpaar se motor aangeval het.

ʼn Video doen nou egter die ronde op sosiale media van ʼn olifantbul wat ʼn blou Volkswagen-motor aanval en omstamp nadat die motor blykbaar nie voor die olifant padgegee het nie.

Dit is egter nie duidelik wanneer dié video geneem is, wie die fotograaf was en of dit wel dieselfde voorval is nie. Lee Bothma Photography is een van die gebruikers wat die video op sy Facebook-blad deel.

Sarah Brooks, ʼn toeris van Engeland, en haar reisgenoot, Jans de Klerk, se blou Volkswagen is deur ʼn olifantbul aangeval. Brooks is ernstig beseer toe die olifant se tand haar bobeen oopgeskeur het. Sy is in die Medi-Clinic Nelspruit opgeneem en op 6 Januarie ontslaan.

Volgens die paartjie het hulle die olifant van agter verfilm toe dit eweskielik hul voertuig bestorm en omgekeer het.

Lees ook:
Olifant-slagoffer ontslaan
Olifant-aanval: Toeris sterk aan; name bekend
Publiek ontstoke oor wildtuin-olifant; slagoffer sterk aan
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

WAARSKUWING: Die persone wat die video geneem het gebruik kru-taal wat sensitiewe kykers kan ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

linkie ·

Sal in alle eerlikheid nooit verstaan hoekom ‘n WILDE dier van kant gemaak is omdat hy doen wat hy moes doen. Die dier is veronderstel om in sy natuurlike habitat te wees, en voort te gaan soos hulle altyd sal. Jy gaan op eie risiko in ‘n wildpark in, met die wete dat daar WILDE diere is. Die dier is reeds bedreigde spesie, maak hulle nog minder. Soos dit nou aangaan, sal my kinders in die toekoms die dier in ‘n boek moet sien, nes die dodo.

Pieter Potgieter ·

Hierdie foto is gewaarborg eg en reg. Alleen die reen water op die pad bevestig dit. Ons het die selfde tyd KNP besoek toe die reen en die berig verskyn het. Baie reen. Mense wil kyk hoe naby hulle aan die diere kan kom en tart hulle. Los hulle vir die Olifante laat hul kry. Ek sien dit gereeld tot by Leeus sit hul by vensters uit om fotos te neem.

Gawie Botha ·

Kruger-wildtuin se bestuur het te haastig opgetree,om te besluit om die olifant te laat skiet,sou ook graag wou geweet het,wie het die Olifant geskiet,en of dit op “Tender” gedoen is!

Dit is baie duidelik dat die toeriste se optrede van so n aard was,dat hulle die Olifant aangelok en uitgelok het,hulle het oor genoeg kaans deur die olifant gekry,om op n veilige distansie te kon weg beweeg het,,,,,,,,,,,hulle optrede was opsetlik,en jy kan ook op so naby afstand,nie n behoorlikke foto neem van so n groot dier! Sou ook graag hul eie beeld materiaal wou monitor,,,indien enige!

Grobbie ·

Wanneer ‘n dier menslike gedrag openbaar, moet hy met sy lewe boet, maar wanneer ‘n mens dierlike gedrag openbaar sal hy miskien tronkstraf kry.
Dis ‘n WILDE dier, bly uit sy pad uit. Jy begeef jou op SY gebied.

Gideon ·

Toe Hy Moes Ry Wou Hy Nie Maar Toe Hy Nie moet Ry Toe Wil Hy Mos Nou Ry! Dis Sy Eie Skuld Actually!! Wat Soek Hy So Naby?? Dis Sy Eie Dom Geid!! Nou Is ‘n Olifant Dood Oor Iemand Wat Nie Logies Dink!!

elna ·

ek wil nou ook nie lelik wees nie maar die ou het hoeveel kanse gekry om weg te ry ek is jammer maar daar is nie medisyne vir dom mense nie en wat mens meer ongelukkig maak is danksy sy nalatigheid is een van die pragtige diere dood gemaak.

Hulle moes hom eerder verbied het om ooit weer in die wildtuin te gaan.

Jan ·

Duidelik was die voertuig binne die Olifant se gemak sone en dit lyk nie of ‘n poging aangewend was om na veiligheid terug te stoot nie, wat ook al in die voertuig plaasgevind het, het aanleiding gegee dat ‘n dier wat in sy eie habitat durf wees het daarvoor moes boet.

Gerrie ·

Ek wil nou nie lelik wees nie, maar hoe moeilik is dit om ‘n video kamera stil vas te hou?

Anna-Marie ·

Dis so dom van die mense gewees om so naby die olifant te kom en te bly stil staan toe hy hulle waarsku. Enige iemand met “commin sence” sou teen daai tyd lankal hulle kar in tru-rat gesit het en gemaak het dat hulle weg kom. Toe moet die arme olifant van kant gemaak word. Hoe werk dit dan?

Elize ·

Dis duidelik dat hulle daarvoor gesoek het, en as jy my vra wou die man spog met hoe goed hy wilde diere ken bla bal bla voor die Amerikaanse meisie. En terloops Gerrie, enige iemand wat ‘n video, praat nie eers van ‘n goeie video, kan neem in sulke omstandighede moet sy/haar kop laat lees.

Joggie ·

Die mense is is SY plek, en hulle moet die diere respekteer. Ons was ook al baie naby aan olikfante, maar ek het seker gemaak hy is rustig, en het nog altyd’genoeg plek gelos om weg te kom as dit moet. Soos van die mense hier sê, gaan ons een van die dae net prentjies van die diere sien, en dis net ons mense se skuld!

Bianca ·

Hoekom die arme olifant van kant gemaak. Dis tog ‘n wille dier en mensdom betree sy gebied en moet dit respekteur. Sulke geaardheid gebeer nie net nie tekens was daar dat hul moes pad gee soos die tweede voertuig.

Rudi ·

Bly om te sien almal stem saam dis nie die Olifant wat gestraf moet word nie! Sal mense dan nooit leer of respek vir die natuur en vir sy diere kry nie! Ek dink die Kruger Park moet hoer boetes op mense neer le wat nie die reels na kom nie en dalk probeer om sulke idiote vooraf met ‘n lepeltjie die nodige inligting en common sense in te voer!

KAS van NIEKERK ·

Wie se dit was dieselfde olifant wat die kar omgegooi het wat deur die Parkeraad geskiet is en wanneer is hy geskiet? Die drywer was die HELE tyd net moedswillig en kon maklik padgegee het. Op watter pad en naby watter kamp het die voorval febeur?

Righard ·

Soos dit vir my lyk was dit die ou in die kar se skuld, hy moes net stil bly staan het toe die olifant weg loop, maar nee, kom ons probeer die olifant “tailgate”. Die olifant was eerste daar en dit is uit die mens se agterlosigheid dat hy sy lewe moes prysgee.

Dawid Greyling ·

Besoekers moet eers n kort induksie doen voor hulle alleen mag rond ry in die wild tuin!!! Onbevoegdes moet geweier word!

Michael Holtzhausen. ·

Het al die kometaar gelees en almal was aan oom olifant se kant. Ek ook. Diere was in elk geval gemaak voor die mens daar was, daarom verdien hulle meer respek. Diere en natuur is veronderstel om deur die mens beskerm en beheer te word. Dis waarom God die mens na diere geskaape het. Dalk moet die wildtuin ander alternatiewe oorweeg oor hoe mense die wild kan besigtig. Byvoorbeeld om as groep met grooter voertiug uit te gaan met verantwoordilike drywer, en gids, en ook n wildbewaarder, wat gewapen is. Enige ander voorstelle?

Dot ·

Onregverdig dat die olifant uitgesit is. Die gedrag van die olifant was vooraf ‘n tipe waarskuwing en die bestuurder moes lankal agteruit beweeg het. Duidelik weet hy niks van wilde diere se gedrag nie. Dit wat gebeur het is hulle verdiende loon!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.