Die polisie moes Woensdagmiddag van rubberkoeëls en skokgranate gebruik maak om ʼn groep ANC-ondersteuners uitmekaar te dryf nadat hulle glo op die betogende DA-lede afgestorm en klippe na hulle gegooi het. Verslaggewers het ook oor die polisie se radio’s gehoor dat daar glo beslag gelê is op drie petrolbomme.
Die DA se optog moes halfpad na die eindbestemming, wat die Beyers Naude-plein in Johannesburg se middestad sou wees, die optog stop weens die “onverdraagsaamheid” van die ANC.
Volgens Mabine Seabe, ʼn veldtogbeampte van Mmusi Maimane, die DA se Gautengse premierskandidaat, is betogers van die DA deur die polisie en Johannesburgse metropolisie herlei na ʼn veilige gebied. Hy beskryf die ANC-lede se optrede as “skelmtaktiek”.
“Die optog is laat vaar om die veiligheid van ons lede te verseker. DA-betogers het van die Westgate-vervoersentrum tot by Presidentstraat gevorder voor die betoging gestop is,” het Maimane gesê.
Helen Zille, leier van die DA, het lede van haar party en aktiviste net na 11:00 begin begelei. Die party het hul eie veiligheidsmaatskappy gehuur om die veiligheid van deelnemers te verseker.
Zille het bewus geword daarvan dat die ANC by die plein bymekaar gekom het en het aan verslaggewers gesê die lede vergader onwettig en dat hulle nie toestemming daarvoor het nie. Sy het ook gesê ANC-lede is met openbare busse na die plein aangery, op belastingbetalers se onkostes. Sy het die polisie en metropolisie gekritiseer omdat hulle niks gedoen het om die ANC se byeenkoms by die plein uitmekaar te dryf nie.
Intussen het die polisie lemmetjiesdraad by die plein gespan om die DA-betogers en ANC-ondersteuners uit mekaar te hou.
Zille sal na verwagting binnekort ʼn perskonferensie hou. Dit is in die stadium nog nie bekend of iemand ernstig beseer is nie, en of daar enige inhegtenisnemings gemaak is nie.
Volg die verrigtinge hier op Maroela Media.
Lees ook:
DA-optog: Hof sê nee vir ANC
ANC beskerm homself teen DA-optog
DA-optog in Johannesburg
En daar spat die vonke behoorlik. Die ANC-ondersteuners is so voorspelbaar.
Stel saam Eugenie.
Waarvoor is die anc bang skuldige gewete
Die ANC het weereens bewys wat hul is! Hul bly maar barbare! Weet ook nie wat het die DA probeer doen nie? Dit het hul ook niks in die sak gebring nie!
Hulle is van barbaarsheid aanmekaar gesit. Hulle mag rondspring en skreeu op enige plek en doen wat hulle wil, maar as die DA ‘n optog hou is die hel los. Hulle redeneer soos ‘n pazzer. Kyk wat gaan in ons land aan, maar stem gaan hulle weer stem vir dieselfde mense wat niks worry oor hulle nie. Van die 8ste Mei af krepeer hulle weer en is alles die wittes se skuld en intussen lewe hulle eie mense (hulle sogenaamde “leiers”) soos konings en word net nog ryker. Al dra ‘n aap ‘n goue ring…………………..
Ek wil graag met ‘n lid van die DA kontakmaam. Ek bly in Geraal de Wet,Bloemfontein
Kan u my help asb