Maphetle Maphetle, wat weens ʼn mosie van wantroue nie meer die burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit is nie, het Woensdag gesê hy wil inwoners van Potchefstroom “gerusstel” dat alles binnekort weer na “normaliteit en stabiliteit” sal terugkeer.
Dit volg nadat die DA Dinsdag weer beheer van die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom geneem het nadat die party vir ʼn tweede keer ’n mosie van wantroue teen die ANC se burgemeester ingedien het en dit aanvaar is.
Prof. Annette Combrink, DA-raadslid, is gister weer tot burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit verkies. Lees meer hier.
Volgens Maphetle is die voorgeskrewe prosedures nie gevolg nie.
“hy wil inwoners van Potchefstroom “gerusstel” dat alles binnekort weer na “normaliteit en stabiliteit” sal terugkeer.” Dit sal, met die DA in beheer maar as die anc weer gaan inmeng sal die chaos weer van voor af begin