Vrou in hof vir moord op Amerikaner

Argieffoto

ʼn Vrou wat daarvan verdink word dat sy Christopher “Norm” Bates (41), ʼn Amerikaanse konsulaatwerker, vermoor het, het Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Lerato Mogapi (29) word daarvan verdink dat sy op 13 Januarie Bates met ʼn skerp voorwerp in sy woonstel doodgesteek het. Bates het in die Oxford Gardens-woonstelle in Illovo gebly. Bates is verskeie kere gewond en het op die toneel gesterf. ʼn Vrou het na bewering vir Mogapi op die toneel met ʼn mes in die hand gesien.

Die saak is tot 19 Februarie uitgestel sodat Mogapi se identiteit bepaal kan word, aangesien sy glo haar identiteitsdokument verloor het. Sy bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.