Vrou vas ná moord op haar man

Tiziano Ciciliato. Foto: Facebook

Ronel Botma (54) en ses ander verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man Tiziano Ciciliato (50).

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Botma, Anna Mukwana (51), Dina Mukwana (45), Hendrik Chego (29), Mbuso Khoza (29), Lucas Letesebe (34) en Doctor Tlou (30) het Donderdag in die Middelburg-landdroshof verskyn op aanklag van moord en sameswering tot moord. Beeld het Woensdag berig dat Ciciliato Maandagaand in sy huis in Middelburg vermoor is terwyl Botma en die egpaar se dogter gaan roomys koop het. Hy is met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek en vermoedelik gewurg. Hlathi sê dit het intussen aan die lig gekom dat Botma glo vir Anna, die egpaar se huiswerker, en haar suster Dina gevra het om iemand te kry om haar man te vermoor. Die Mukwana-susters het glo die vier manlike verdagtes gekontak waarna hulle glo die moord gepleeg het. Hlathi sê die mans het elektriese toerusting uit die huis gesteel om dit soos ʼn gewapende roof te laat lyk. Die verdagtes sal weer op 14 Februarie in die hof verskyn wanneer hulle om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Ek wonder hoe lank sal dit nog so aangaan voor die doodstraf weer ingebring word? Dit is darem skrikwekkend om te dink dat mens so gewetenloos kan wees en dink jy kan daarmee wegkom. Dit was vir my snaaks dat ma en dogter so laat in die aand alleen gaan roomys koop het. Maar God slaap nie.

Blousambok ·

Hi Trudie, ek luister al vir baie jare na hoe mense graag sal wil he dat die doodstraf teruggebring moet word. Die probleem in ons land is nie of jy ten gunste, of teen doodstraf is nie, dis ‘n kwessie van die land se konstitusie. Jy kan in SA nog met petisies en hofbevelle seker wette aanspoor, maar ons konstitusie laat dit glad nie toe dat jy die kwessie van doodstraf eers na die tafel toe kan bring vir bespreking nie. Onder geen omstandighede nie. Ek weet dit mag slegte nuus wees, maar dis ongelukkig die realiteit. Vir dit om te gebeur moet die konstitusie oorgeskryf word, en as enige regering die geleentheid gegun word om die die konstitusie te verander oor een punt, sal hulle die geleentheid aangryp om baie te verander. Dis ‘n catch-22.

Amanda/Sindy ·

Vaderland mense. Hoekom nie net skei. Waarom moor. Wie word die ergste geraak??? Die kinders betaal gewoonlik die duurste prys???

Ek stem saam Trudie die doodstraf is brood nodig!!

Susan ·

Jy beveilig jou huis, alarems, diefwering en dan is dit jou metgesel die een persoon wat jy met jou lewe vertrou, wat booswigte toegang gee tot jou huis, hoe laag kan mens daal, bring die doodstraf terug en maak van hierdie persoon ‘n oorbeeld.

Piet ·

Ek was op die begrafnis, het die 14 jarige dogter van haar pa afskeid geneem of ‘n partytjie bygewoon, ek kon geen emosie sien nie, nie ‘n tikkie simpatie of rou nie, laat mens wonder.

Elsie ·

Hulle was NIE getroud NIE. En Piet, ek is seker die kind moes kalmeer middles geneem het want haar pa is soos a dier doodgesteek en haar ma was in die tronk. Sy is baie sensetief’ en ek is seker iemand moes vir haar kalmeer middels gegee het. Ek kry haar baie jammer. Sy is ook a slagoffer van hierdie hele storie. Ek bid vir die naasbestaandes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.