Vyf onwettige myners se liggame gevind

mynDie liggame van vyf onwettige mynwerkers is Dinsdag naby ʼn mynskag in Roodepoort aangetref.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die vyf mans is vermoedelik deur ander onwettige mynwerkers na die oppervlakte gebring. Die oorsaak van hul dood is onbekend. Paramedici het die mans op die toneel dood verklaar.

“Ons is bekommerd oor die hoeveelheid onwettige mynbedrywighede in die gebied,” het Mulaudzi gesê. “Ons wil hulle aanraai om nie met dié gevaarlike aktiwiteit voort te gaan nie, aangesien dit hul lewens in gevaar stel.”

Die liggaam van nóg ʼn onwettige mynwerker is Sondag ook in Roodepoort gevind.

Altesaam 25 onwettige mynwerkers is verlede week uit ʼn verlate mynskag in Benoni aan die Oos-Rand gered. Die liggame van nog twee onwettige werkers is ook in ʼn ander mynskag in Benoni aangetref, skaars 2km vanwaar die 25 mense gered is. – SAPA

Lees ook:
Twee onwettige mynwerkers sterf ná rots glo op hulle val
Onwettige mynwerkers gaan aangekla word
Talle onwettige mynwerkers gered
Onwettige mynwerkers steeds ondergronds vasgekeer
Honderde onwettige mynwerkers glo ondergronds vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.