Vyf sterf na bakkie omslaan, tienerseun bestuur glo

Vyf jongmense is dood nadat die bakkie waarin hulle gery het omgeslaan het in Bushbuckridge, Mpumalanga.

Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die Nissan Navara-bakkie is glo deur ʼn 14-jarige seun bestuur en het sowat 13 jongmense vervoer. “Die bakkie het van Thulamahhashe na Dwarsloop gereis toe dit Maandagaand omstreeks 23:40 naby New Forest omgeslaan het.” Vyf jongmense is op die toneel dood verklaar terwyl die bestuurder en ses ander mense ernstig beseer is. Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het intussen gevra dat die eienaar van die bakkie in hegtenis geneem word aangesien “ongelukke soos die vermy kan word deur nie vir jongmense toegang tot voertuie te gee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.