Wapen-skandaal: Regter bedank

Francis Legodi

President Jacob Zuma het Donderdag bevestig dat regter Francis Legodi bedank het uit die kommissie wat die multi-miljardrandse wapentransaksie ondersoek.

“Die president het Legodi se bedanking ontvang en sy redes met hom bespreek. Hy het daarna besluit om toe te gee tot die regter se versoek,” het Mac Maharaj, die presidensiële woordvoerder, gesê

“Legodi bedank glo weens persoonlike redes en het versoek dat die redes vertroulik gehou word.”

Legodi en regter Hendrick Musi was aangestel om die kommissie se voorsitter, regter Willie Seriti, by te staan om beweringe van bedrog en korrupsie wat verband hou met  die omstrede wapenskandaal te ondersoek. President Jacob Zuma het in 2011 die kommissie aangestel. Publieke verhore is geskeduleer om op 5 Augustus in Pretoria te begin. Voormalige president Thabo Mbeki en minister Trevor Manuel is onder meer geskeduleer om te getuig.

“Die president is tevrede dat die bedanking van Legodi nie ʼn negatiewe impak op die integriteit van die kommissie of sy funksionering gaan hê nie, alhoewel die tydsberekening sekere uitdagings gaan inhou.”

Intussen het die DA Donderdag gesê Legodi se bedanking is ʼn groot terugslag en dit kan veroorsaak dat die uitslag van die kommissie se bevindinge uitgestel gaan word.

Cope het gesê hulle is geskok, maar nie verras deur Legodi se bedanking nie.

In Januarie het ʼn senior ondersoekbeampte, Norman Moabi, ook bedank. Hy het die kommissie beskuldig dat hulle “ʼn dubbele agenda” het. Die kommissie het dit ontken.

Cope het versoek dat Seriti vervang moet word.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Zuma is weer hier met ‘n duister plan besig. Hierdie klont is meer uitgeslape as wat ons enigsins besef. Daar gaan niks van hierdie saak kom nie.

H J Bester ·

Wie gaan oorbly in hierdie Kommissie van Ondersoek na die Wapenskandaal. – net die bevooroordeeldes wie lakeie van Zuma is ?

Gert Malan ·

GAAP! En so kom alles maar weer net tot niks en ‘n paar belhamels stap weer met koffers vol geld weg vir hul kansuise harde harde werk. Die ergste van alles is dat die oorgrootte meerderheid landsburgers hierdie bedrog- en gemorsspul miskyk en maar sal bly ANC stem!? Verskoon my gou, ek wil net gaan kots………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.