Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag beslis dat twee van die sogenaamde Waterkloof-4 terug moet gaan tronk toe, het die SAUK berig.
Die hof het bevind dat Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk nie meer onder korrektiewe toesig mag bly nie.
ʼn Pretoriase landdros het Tiedt en Van Schalkwyk se vonnisse in Desember 2011 in korrektiewe toesig omskep, maar dít is hersien.
Die departement van korrektiewe dienste het aangevoer dat ‘n wysiging van die Wet op Korrektiewe Dienste verkeerd deur die landdros interpreteer is, wat daartoe gelei het dat hul vonnisse na korrektiewe toesig omgeskakel is.
Die twee het reeds drie jaar en vier maande in gevangenis spandeer.
Tiedt en Van Schalkwyk, tesame met Christoff Becker en Frikkie du Preez, is in 2001 elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn boemelaar in ʼn park in Pretoria doodgeslaan het.
Tiedt en Van Schalkwyk is op 19 Desember 2011 deur landdros Peet Johnson onder korrektiewe toesig vrygelaat.
– SAPA
Belaglik,belaglik!!! Wat n onreg! Miskien moet hul ook aansoek doen vir mediese parool…..
Hulle moes in die eerste plek nie vrygelaat gewees het nie. Moordenaars en verkragters moet hulle volle vonnis uitdien en behoort ook nie parool te kry nie. Waarom moet hulle ander twee maats tronkstraf uitdien en hulle nie, vir dieselfde daad gepleeg.
Ek stem hul moes nie vrygelaat geword het nie,maar hul IS. En nou moet hul teruggaan,na hul weer aan hul lewens begin bou het? Hul het hul ook nie weer skuldig gemaak aan enige vorm van misdaad. Hoeveel ander kry parool en dieselfde dag nog vind hul hulself weer op die pad van misdaad.
Byna twee jaar na die tyd, en nou moet hulle terug tronk toe ? Ek stem nie hiermee saam nie !
As hulle skuldig bevind is, dan moes daar geen onderbreking gewees het nie !
Moord is moord – maar ek kan nie help, my hart gaan uit na die ouens, wat hulle gedoen het was afskuwelik.
Sien my kommentaar word nie geplaas nie. Kom ek probeer dit ander stel. Trip sal jy en Dinknet dit afkeur of goedkeur indien Shaik en Selebe weer tronk toe gestuur so word? en hoekom
Goedkeur! Want hul was nooit daar nie! En het onder valse voorwendsel vry gebly! Terminaal siek……. Haha!
OK, kry nou maar ‘n hartaanval oor “goedgekeur” Indien jy nie kan insien dat die regering en ons regstelsel hier dubbel standaard toepas nie is daar nie pille vir jou nie. Jy sien ook net raak wat jy wil raaksien en nie die werklikheid in die lewe nie. Realiteit moet tog nie misgekyk word nie. Lees gerus my ander kommentaar en kom tog met ‘n sinvolle teen redenasie indien jy nie saamstem nie en nie met spelfout as ‘n antwoord nie. Sekerlik het jy nog nooit verkeerd gespel nie.
Nee heng, ek het net geantwoord…. Geen spelfout uitgewys. Jy het gevra of ek afkeur of goedkeur…. My antwoord was: Goedkeur! Geen hartaanval oor n spelfout. Dat regering dubbele standaarde toepas is n voldonge feit!
Dinknet sorry jong ek het jou heel verkeerd gelees. My fout ek is jammer.
Alles reg Seg net! Ek het aangeneem jy het my nie reg verstaan…
Jare terug toe ek nog administratiefreg geswot het, was die regsposisie dat waar ‘n administratiewe funksionaris (soos ‘n paroolraad) verkeerdelik ‘n besluit neem waardeur die betrokke onderdaan bevoordeel word, sodanige handeling nie weer tersyde gestel kan word om die fout ongedaan te maak nie. Ek weet nie of die regsposisie intussen verander het nie maar ek sou die twee manne adviseer om hul tot die appelhof te wend.
What’s good for the goose is good for the gander. Hulle moet se hulle sal terug gaan as Selebi en shabir saam met hulle deur die tronk deure sal gaan. Seg net was hulle swart was almal lankal buite.
Vuurman so die ander twee moet nou maar sit, vir dieselfde daad, omrede hulle ouers nie in staat was om die duur appèlsaak te kon bekostig nie. Waar is reg en regverdigheid in hierdie land, dan stem julle nog daarmee saam?
Moord is moord, swart, wit, pink, geel pers saak nie maak nie.
Weet nie hoe ek hieroor voel nie…
Amy hoe voel jy oor die ander twee? Kan hulle maar sit en hulle maatjies vry rondloop. Is dit hoe geregtigheid in die land werk. Een wet vir swartes een vir wittes en een vir die wat geld het?
Ja Amy dis n hartseer saak.
Dit wat hulle gedoen het was verkeerd ek stem, en almal moet vir hul sondes boet. Maar wat my pla as hulle swart was was almal uit die ander 2 ook. My punt is as daardie 2 swart was het geen haan weer daaroor gekraai nie. Die gevangene wat per ongeluk vrygelaat is, sal hy weer terug gaan tronk toe? Nee ek glo nie!!!!!!!!
Seg net. Ek verstaan jou rede maar volgens my moes al 4 al uitgewees het. Die kolle sit net paar maande en uit is hulle. Kyk maar gerus hoeveel van hulle wat uit was op parool pleeg weer moord.
So vuurvreter omdat ons wit is kan ons maar lekker moord pleeg, want die swartes kom dan weg daarmee, jy praat mos ‘n klomp str*nt man, as almal so redeneer sal hier ‘n bloedbad in SA wees.