Waterkloof-twee moet nog sit

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Frikkie du Preez (L) en Christoff Becker op die dag toe hulle op parool vrygelaat is Foto: TimesLive

Twee van die sogenaamde Waterkloof-vier sal in aanhouding bly hangende ʼn hersiening van hulle parool, het die departement van korrektiewe dienste (DKD) Woensdag gesê.

Die DKD sê die toesighoudende komitee het besluit dat Christoff Becker en Frikkie du Preez voor die paroolraad sal verskyn vir ʼn hersiening van hulle parool. Volgens berigte gaan die twee vir nog minstens 14 dae agter tralies wees. Becker en Du Preez is verlede week saam met Gert van Schalkwyk en Reinach Tiedt op parool vrygelaat. Becker en Du Preez is egter Sondag weer in hegtenis geneem nadat ʼn video aan die lig gekom het wat glo wys hoe hulle partytjie hou in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis. Die vier is in 2008 tronk toe nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op ʼn hawelose man.

Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het intussen gesê “anargie” by korrektiewe sentrums sal nie geduld word nie. “Enige beampte of oortreder wat aan só ʼn misdryf skuldig bevind word, sal vervolg word.” Volgens die DKD word daar gemiddeld 64 gevangenes daagliks op parool vrygelaat. Daar is tans glo 156 939 gevangenes in die land se tronke terwyl 65 931 gevangenes in hul onderskeie gemeenskappe leef nadat hulle op parool of korrektiewe toesig vrygelaat is.

Lees ook:
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.