12 sterf na sneeustorting op Everest

Everest

Everest

Minstens 12 Nepalese gidse is dood en nog vier word vermis ná ’n sneeustorting op berg Everest.

Volgens amptenare is dit die grootste ramp tot nog toe wat klimmers op die berg getref het. Die gidse was besig om roetes vir klimmers voor te berei toe die sneeustorting plaasgevind het. Die sneeustorting het op ʼn hoogte van 5 800m plaasgevind.

Die soektog na die ander gidse is vir eers afgelas weens slegte weer en sal Saterdagoggend voortgesit word. Sewe mense is reeds gered en die beseerdes is na ʼn hospitaal vervoer. Honderde klimmers is reeds by die basiskamp om vir die klimseisoen, wat in Mei begin, voor te berei.

In 1996 is agt klimmers op die berg dood nadat hulle tydens ʼn storm vasgeval het. Meer as 300 mense is al sedert 1953 op Everest dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.