Dominique Strauss-Kahn was hoof van die Internasionale Monetêre fonds en gereeld op die wêreld se grootste dagblaaie, tot ’n kamermeisie van ’n hotel in New York in 2011 gekla het dat Strauss-Kahn haar aangerand het. Hy het die saak buite die hof geskik, maar sy loopbaan was aan skerwe.
In 2012 het die Franse Sosialisteparty hom as moontlike presidentskandidaat gepos namate meer en meer inligting bekend geword het oor ’n internasionale prostitusienetwerk wat hy glo saam met ’n paar Franse en Belgiese makkers bedryf het. Hulle staan nou saam met hom tereg.
Die verhoor sal na verwagting sowat drie weke duur.
Bron: AP
Trial by media – SA se joernaliste is uitstekend daarmee
Darem snaaks hoe die lewe werk vir sommige mense , 1 persoon se lewe is verwoes en kan tronk toe gaan oor seksdade met ‘n volwasse ander persoon met die persoon se toestemming terwyl Priesters se seksdade met mindeerjarige kinders sonder hul toestemming net onder die mat ingevee word en afgeskryf word en hul lewens gaan aan asof niks gebeur het nie