Egpaar verloor familie in albei MH-vlugrampe

malaysia airlines‘n Australiese egpaar wat hul seun en skoondogter in Malaysia Airlines se vlug MH370 verloor het, is weer in rou gedompel nadat hulle ook familielede op vlug MH17 verloor het.

The Independent berig dat Irene en George Burrows van Queensland nog besig is om die dood van hul seun Rodney en sy vrou, Mary, te verwerk.

Rodney en Mary was op vlug MH370 wat op 8 Maart spoorloos verdwyn het.

Die egpaar is intussen weer in rou gedompel na die dood van hulle stiefkleindogter Maree Rizk en haar man, Albert.

Hulle was op vlug MH17 wat Donderdag glo oor Oekraïne neergeskiet is. Hulle was glo op pad terug huis toe na ‘n vakansie in Europa.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.