[Foto’s] Kunstenaars reageer ná seuntjie uitspoel

HA Hellyer, Twitter

HA Hellyer, Twitter

WAARSKUWING: ʼn Foto van Aylan Kurdi se liggaam waar dit op die strand uitgespoel het, volg onderaan die berig. Aylan se tannie het die foto op haar Facebook-blad gedeel. Sensitiewe lesers en kinders word afgeraai om daarna te kyk. Die foto word wyd op sosiale media versprei.

Die polisie in Turkye het Woensdagoggend op die liggaam van ʼn driejarige vlugteling van Sirië afgekom toe die op die strand uitgespoel het.

Die driejarige, Aylan Kurdi, sy vyfjarige boetie Ghalib, en hul 35-jarige ma Rehan, het verdrink toe hulle uit die IS-beleërde Sirië wou vlug. Die pa, Abdullah, het oorleef.

Aylan en Ghalib het nie lewensreddingsbaadjies aangehad nie en hulle het nie ʼn kans gestaan toe die skip met 17 persone aan boord omgeslaan het nie.

Skokfoto’s van die seuntjie se lewelose liggaam is wyd op sosiale media versprei wat die klem geplaas het op die noodroep van die vlugtelingekrisis in Soedan.

Die foto’s het ook ʼn emosionele reaksie by verskeie kunstenaars wêreldwyd uitgelok en hulle het treffende kunswerke gemaak wat op dié foto’s gebaseer is. Talle van die kunstenaars beeld Aylan as ʼn engel uit.

Die seuntjies se tannie het die foto ook op haar Facebook-blad gedeel.

Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het 2 500 vlugtelinge reeds vanjaar gesterf toe hulle met bote Europa wou bereik.

Lees ook: Daily Mail

WAARSKUWING: ʼn Foto van Aylan Kurdi se liggaam waar dit op die strand uitgespoel het, volg onderaan die berig. Aylan se tannie het die foto op haar Facebook-blad gedeel. Sensitiewe lesers en kinders word afgeraai om daarna te kyk. Die foto word wyd op sosiale media versprei.

My deepest condolences to my brother’s family who suffered a tragic death in search of a better life. Where is the humanity in the world. They did not deserve this. My heart is broken. Rest in peace Angels.

Posted by Tima Kurdi on Wednesday, 2 September 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

nicoprinsloo ·

Dit is nie lekker om te sien en hoor nie maar dit is net magsbehepte moere wat aan hulle self dinken nie aan hulle kiesers nie tot in ons land kom dit voor van wee al die korrupsie ensovoorts mense vlug eerder

SNEL ·

Vreeslik hartseer om te dink hulle vlug vir n beter en veiliger lewe en nou is die ma en twee kleingoed nie meer daar nie. n Mens moet regtig teen n muur gedruk voel om al die gevare te weet en nogsteeds jou gesin te vat en op n boot te klim om net weg te kom van die geweld. Wrede wêreld met baie probleme oral.

petro ·

Die het my in trane dis sooooo hartseer daai klomp gaan nog n wrede dood sterf so kleine kindjie en om daai reddingswerker te moet wees wat daai liggaampie moet optel sal genoeg wees om my in n inrigting in te sit.Rus Sag kleine seun!!!!

Susan ·

So wreed!!! Arme kindertjies ek kry hulle die meeste jammer, wat het hulle tog verkeerd gedoen????? Rus in vrede kleingoed.

Eduard Wansbury ·

Dis nie reg nie waarheen is ons wereld oppad dit maak my woedend Ek sal amper enige iets doen om kinders te he dan gebuer silke goed

jacques ·

Dis hoekom ek so woedend is vir die USA,deur die dinge wat hulle aan onskuldige mense en die wereld doen.Alles net sodat hulle hulle one world goverment kan he.Hoop Putin gee hulle n bloedneus soos hy hulle bloedneus in Gorgia en Uckranie gegee het.Dam Janks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.