IS het sterk steun in Den Haag – protes kom

Pro Patria‘n Protesoptog word in Transvaal in Den Haag beplan teen die terreur wat die IS in Irak en Sirië saai.

Die optog word deur die teen-Islamitiese organisasie, Pro Patria beplan, totdat die burgemeester van Den Haag onlangs alle optogte vir twee maande in die naasliggende Schilderwijk verbied het. Pro Patria het op 10 Augustus ‘n optog in Schilderijk gehou wat deur pro-IS-betogers ontwrig is. Pro Patria wou op 20 September nog ‘n optog in dié wyk hou, maar die burgemeester het dit vir twee maande belet, en gelas dat die wenslikheid van optogte na die twee maande opnuut evalueer word.

Burgemeester Jozias van Aartsen voel dat die optogte die behoorlike funksionering van die regstaat in gedrang bring, omdat die internet-beriggewing hieroor druk op “nugtere bestuurders in die vrye pers” plaas.

Die feit dat optogte in Nederland verbied word, het reeds ‘n skudding onder Nederlanders veroorsaak wat min perke aan die reg op uitdrukking ken. Die saak is ook op pad hof toe.

Na die verbod is besluit om die optog na die naasliggende Transvaal te verskuif, omdat daar in daardie wyk ook sterk seun vir die IS is.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.