Ma in hof vir moord op kinders

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: The Telegraph

Gary Clarence en sy tweelingseuns Foto: The Telegraph

Tania Clarence (42) het Vrydag in trane in die hof in Engeland verskyn op aanklag van die moord van drie van haar erg gestremde kinders.

Clarence word beskuldig van die moord op haar driejarige tweelingseuns, Ben en Max, en vierjarige dogter Olivia. Al drie kinders het aan spinale spierdistrofie gely.

Haar man, Gary (43), ʼn bankier, het ook gehuil toe hy en Tania mekaar gesien het.

Clarence het vlugtig in die hof verskyn en het slegs haar naam, ouderdom en adres mondelings bevestig.

Die siekte, wat ook as “floppy baby”-sindroom bekend staan, veroorsaak dat kinders nie beheer het oor hul bewegings nie en hul lewensverwagting word drasties beperk.

ʼn Gesinsvriend het aan Mail Online gesê die drie kinders moes met buise gevoed word en uurliks medikasie ontvang. Die egpaar het ʼn versorger en huishulp gehad, maar nie 24 uur-bystand nie. “Alles is gereguleer. Alles wat hulle geëet het, is in ʼn dagboek opgeteken,” het die persoon gesê. “Ek is oortuig Tania het die afgelope paar jaar nog nie een aand ordentlik geslaap nie.”

Nog ʼn gesinsvriend het aan die dagblad gesê Tania het gekla dat maatskaplike werkers “veroordelend” opgetree het wanneer sy om hulp gevra het. Beamptes het glo gemeen sy moet “haarself regruk en voortgaan”, aldus die bron.

Die polisie is Dinsdag na die egpaar se vyfslaapkamerhuis in ʼn welgestelde buurt in Londen ontbied waar hulle op die kinders se liggame afgekom het. Die kinders is vermoedelik versmoor. Sy is kort daarna in hegtenis geneem.

Gary en die egpaar se agtjarige dogter was ten tyde van die moord by familielede in Suid-Afrika om haar verjaarsdag te vier.

Clarence het nog nie formeel gepleit nie en sy bly in aanhouding tot ʼn voorlopige verhoor op 9 Mei. -SAPA

Lees ook:
SA vrou in hof na moord op kinders
SA’ner ma vas vir moord op kinders

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Ek kan steeds nie oordeel nie omdat ek nog nooit in so situasie was nie.

Anon ·

Ek kan ook nie oordeel nie, maar sjoe, my hart gaan uit na die mamma. Moet moeilik wees om sulke kindertjies groot te maak. Dalk het sy gevoel sy verlos hulle van pyn en leiding. Ek se nie dis reg nie want moord is moord, maar dink sy het meer hulp nodig gehad van die welsynwerkers. Selfs familie lede kon hulp gegee het. Sterkte vir die ouer paar.

Shona ·

Ja, moord is verkeerd……BESLIS verkeerd! Maar my hart gaan uit na Tania. Ek hoop sy kry die bystand en sielkundige behandeling wat sy duidelik nodig het, want ek dink hierdie Mamma was GEDAAN. God bless you Tanie, Gary and Olivia. Also your babies up in Heaven. xxx

AmY ·

My hart gaan uit na die vroutjie. Niemand van ons (wat nie al daardeur is nie) sal weet wat sy moes deurmaak met drie erg-gestremde kinders. Sy het dan skaars geslaap. En die kinders het 24 uur versorging nodig gehad.

Boon-op is die kinders deur buise gevoed en ALLES wat hulle geeët het, moes neergskryf word. Die mamma is die afgelope paar jaar deur hel en sy het gesien hoe swaar haar kinders gekry het.

En weens die kinders se erge-gestremdheid, kon sy nêrens heen gaan nie.

Het maatskaplike werkers maar net verstaan. Het sy maar net meer hulp gehad.

Ek glo sy was uiters moeg en depressief en wou haar kinders van hulle erge lyding verlos.

Lanie ·

Hierdie arme gesin ! Hoe gedaan, depressief en moeg moes hierdie mamma nie gewees het dat sy geen ander uitkoms gesien het nie !

Cornelia Rossouw ·

Gary Clarence, watter man los jou vrou wat al soveel jaar alleen moes sukkel met 3 gestremde kinders. As hy so ryk is hoekom het hy nie die kinders in ‘n spesiale plekkie laat bly en dan sy vrou saam met hom op vakansie geneem nie. Hy is in my oë die selfsugtigste man wat ek al ooit van gehoor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.