Oppasser vas na skokvideo van aanranding

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Skokvideo wat wys hoe ʼn dagmoeder ʼn kleuter erg aanrand word wyd op sosiale media versprei.

Die video wys hoe die oppasser die 18 maande oue dogtertjie sit en voer op ʼn rusbank voor die kind braak. Die dogtertjie staan dan op en gly in die braaksel waarna die oppasser die kind erg pakslae gee. Die oppasser trap dan met mening op die kind voor sy haar in die gesig skop. Die oppasser trap weer op die kind en tel haar uiteindelik aan haar arm op voor hulle van die skerm af verdwyn.

Volgens africanspotlight.com het die voorval in Kampala, Uganda plaasgevind. Erick Kamanzi, die dogtertjie se pa, het volgens die berig die oppasser, Jolly Tumuhirwe (22), erg aangerand nadat hy die video gesien het. Tumuhirwe het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak waarna Kamanzi in hegtenis geneem is. Kamanzi het die video vir die polisie gewys waarna die saak teen hom glo teruggetrek is.

Uganda se NBS-televisiekanaal berig dat Tumuhirwe intussen van poging tot moord aangekla word en in polisie-aanhouding is. Sy sal volgens die berig weer op 8 Desember in die hof verskyn. Volgens die televisiekanaal het die dogtertjie se ma gesê dit gaan goed met haar.

Maroela Media het besluit om weens die grafiese aard van die beeldmateriaal, nie die video op ons webwerf te publiseer nie. Die video is baie skokkend en kan sensitiewe kykers ontstel. Ons ontmoedig jou om die video te kyk, maar hier is die skakel na YouTube indien jy tog die video wou sien.

Hier volg ‘n paar skermskote uit die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Leeutjie ·

Ek het nie woorde nie! Daai dogtertjie is so hardhandig hanteer dat dit ‘n wonderwerk is dat die kindjie ongedeerd is. Dankie tog vir video kameras. As dit my kind was sou daardie vrou nie lewend daar uitgestap het nie! Hoeveel van hierdie tipe insidente weet ouers nie van nie…ek ril as ek daaraan dink! As iemand my so hard klap verloor ek my bewussyn…

Meisie ·

Ek hoop die Here sal my vergewe, ek het die video nie eers klaar gekyk nie, ek was te geskok!! Ek hoop hulle martel haar in die tronk!!!

Petrus Swanepoel ·

Dagmoeder is sinoniem met liefde, omgee, sorg, beskerm……werklik hoe kan iemand dit oor sy hart om so ‘n jong kind te mishandel

Ai tog ·

Hoe het die vrou die werk gekry, sy is ‘n gevaar vir die samelewing die kind se ouers gaan werk hard en kyk wat doen die dagmoeder hookom trap sy op die kind sal mos die kind re rug breek dan se sy seker die kind het van die wasmasjien afgeval die wereld is boos man!!!

Helen ·

Hoop hulle sluit haar toe en gooi die sleutel weg! Sy kan bly wees dit is nie my kind nie. Ek sal beslis toesluit word vir moord!!!!!!!!!!!!!! Die arme, arme kind! Neem die pa glad nie kwalik dat hy haar “aangerand” het nie.

Louise ·

Dit is siek! Daai monster moet verwyder word van die samelewing! Maak nie saak wat jou vel kleur is nie! GEEN MAAR GEEN kind verdien dit nie en die ding wat sit aan n kind doen behoort NOOIT weer die son sien op kom nie! Sy sal hard gestraf word!

Jolande Trollip ·

Syt nie in die braaksel gegly nie sy was van die bank af gestoot met mening. Die video is regtig iets ergs. Maak mens siek. Sal mense aanraai om dit nie te kyk nie dis te veel. Aaklig.

Janine ·

Ja ek stem. Sy het nie gegly nie, sy is met erge mening van die bank afgegooi op haar gesiggie op die harde vloer/teëls. Die tronkselle se sleutels moet weg gegooi word.

Susan Steyn ·

Ek is so dankbaar die dogtertjie is veilig! En weg van daai monster! Eks bly die pa het haar van haar eie medisyne gegee! Ek sou dieselfde gedoen het!!!

Heidi ·

Die vrou behoort die doodstraf te kry!!! Sy het glad nie eens gedink aan hierdie kleine lyfie se veiligheid en of onherstelbare skade nie – nie eens te praat of die kleine mensie haar klappe, skoppe of trappe sou oorleef nie… Een
Woord DOODSTRAF

Elizabeth ·

Nie gekyk want ek is elke dag meer en meer geskok oor wat “mense” aan kinders doen… Mag sy kry wat haar toekom.

Chris van Heerden ·

Met die eerste berig wat ek gelees het, het hulle gesê die pa het die huishulp so aangerand tat sy in ’n rolstoel was. Ek het toe al gedink as hulle in ons land was, was hy verseker in die tronk gewees. Nou lees ek dat hulle het die saak teen hom teruggetrek nadat hulle die video gesien het en sy is in hegtenis geneem. Hy kan bly wees hy bly nie in RSA nie.

Leeutjie ·

Mandie, ek verstaan nie mooi jou mening teenoor Chris nie. Mis ek iets? Ek verstaan Chris se mening en dis heel binne konteks.

Liza ·

Shoe, dis verskriklik! Arme kind! Jy sal nooit weet watter skade dit aan haar gedoen het, emosioneel nie! Ek bid net dat sy oor dit sal kom! Daai vrou ga ha dag kry! Dis verseker!! Dis vir my baie ontstellend!

mandie ·

Chris jyt seker ni kinders ni. As jy ht sou jy anders gereageer ht ek hoop sy kry di swaarste straf wat da is hopelik is dit doodstraf. En ek sal daai pa n medalje gee. Hyt gedoen wat enige ander pa sou

sharon-cathryn ·

As ouer sou ek seker dieselfde gedoen het as daardie pa. Vieslike vuil gemors…… sy verdien als wat met haar gebeur het en Nog meer!!!

Johan ·

Eks n groot man..ma ek het my oe uitgehuil toe ek dit sien.hoe kan enige iemand dit aan n kind doen.

Daleen ·

Ek kon nie die video eers klaar kyk nie!!! Dis so onstellend, nee onstellend is nie eers die regte woord nie, woorde is te min om te beskryf wat ek nou voel dis regtig siek verby!!!!! Daai vrou moet net vir 5 min saam 2 of 3 mammas in ‘n kamer toegesluit word…. daai arme, arme kleine lyfie!!!! ;( ;(

Annamaree ·

Die hartseer is, dat die ouers ook nog heel moontlik nog die skuld kan kry!!! Dit is Barbaars en ek hoop dat die persoon nooit ooit weer toegelaat sal word om naby kindertjies te kom nie..mag haar straf baie swear wees en sterkte aan die kindjie en die ouers

Theresa ·

Ek is bly die pa het opgetree. Ek sou dit ook gedoen het. Sy is siek. Gee haar vir die gemeenskap. Sy verdien niks anders nie. Wat moet deur daardie klein breintjie gaan? Hoe moet sy die dinge verstaan? Hoop mense leer om nie enige iemand te vertrou met jou kleingoed nie. Hulle verdien net die beste.

Ina Pelser ·

Dit is die wreedste mishandeling!!!!!! Mens doen dit nie eers aan n dier nie, wat staan nog n kindjie, wat nog so onskuldig is? Gee daai onmenslike ding (Satan se suster) vir my, sy sal bid vir die dood, en dit nie kry nie!!!!!

Renette ·

My hart gaan uit na daai dogtertjie hoop sy sal gou oor die trauma kom is baie bly sy het nie ernstige beserings opgedoen nie en laat sy nou ok is Dankie Liewe Heer daar voor Sterkte aan haar en aan haar ma en pa

Helena ·

Ek het die volle video gesien en die kleuter het nie van die bank af opgestaan nadat sy gebraak het nie die oppasser het die kleuter letterlik van die bank af gestamp op die vloer en haar met ‘n voorwerp op haar agterstewe geslaan aanhoudelik en toe op haar ruggie getrap en herhaaldelik en haar 2 keer geskop voordat die oppasser met haar na die ander vertrek geneem het waar jy weereens die houe gehoor en hoe die kleuter huil.

SJ ·

My hart is baie seer, hoe kan iemand so iets aan ‘n onskuldige kindjie doen. Wat het in daardie vrou se kop aangegaan. Ek hoop net sy kan met haar gewete saamleef. Ek is net dankbaar die kleintjie is ongedeerd.

Jordaan ·

Ek is stom geslaan ek huil sommer so klein en sy word so behandel dankie net haar ouers het n video gesien en dit gekeer voor sy dood was want as die dame nog langer daar moes werk sou daai kind nie lank geleef het nie sy verdien dit nie ek wil ook net se die ouers moet mooi na ha kyk ek sal se doodstraf moet terug kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.