Parys-terreuraanvalle: Islamitiese Staat aanvaar verantwoordelikheid

Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Een van die tonele. Foto: AP/Thibault Camus

Volgens berigte op verskeie wêreldwye mediaplatforms het die Islamitiese Staat (IS) in ʼn aanlyn-verklaring verantwoordelikheid aanvaar vir Vrydagaand se terreuraanvalle in Parys in Frankryk. Na berig word het die militantegroep se media-afdeling in ʼn video aanspreeklikheid aanvaar.

Intussen het Francois Hollande, Frankryk se president, die aanvalle as ʼn oorlogsdaad bestempel én ook die IS daarvoor blameer.

Hollande het reeds ʼn noodtoestand afgekondig ná die aanvalle, wat as die ergste in Frankryk sedert die Tweede Wêreldoorlog beskryf word. Hy het ook die land se grense gesluit en gesê die land gaan amptelik vir drie dae lank rou.

ʼn Reeks selfmoordbom- en vuurwapenaanvalle regoor die stad het onder meer sokkerondersteuners by Frankryk se nasionale stadion, jongmense wat by ʼn konsert was en mense by verskeie kuierplekke en restaurante,  geteiken.

Die ergste slagting was by die Bataclan-konsertsaal, waar ʼn Amerikaanse rockgroep opgetree het. Talle mense is gyselaar gehou, waarna die selfmoordbomaanvallers ploftoestelle aan hul gordels laat ontplof het. Die polisie wat op die voorval reageer het, is met ʼn bloedblad binne die saal begroet.

Volgens owerhede word die voorlopige dodetal tans op 128 geraam, met die moontlikheid dat dit gaan styg, met nagenoeg 100 mense wat kritiek beseer is.

Ten minste sewe van die aanvallers is in selfmoordbomontploffings dood en een is doodgeskiet. Owerhede ondersoek die moontlikheid dat nog verdagtes op vrye voet is en hulle is op soek na moontlike medepligtiges.

Intussen het Nelson Kgwete, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê ondersoek word nog ingestel of enige Suid-Afrikaners in die aanvalle gesterf het. Geen sterftes is sover aangemeld nie.

Hy het mense wat naasbestaandes in Parys het en nog nie van hulle gehoor het nie, versoek om die departement by 012 351 1000 te bel. Die departement is gedurig in verbinding met die ambassade in Frankryk en sal inligting en navrae deurstuur.

President Jacob Zuma het die aanvalle veroordeel en Suid-Afrika se medelye met Hollande en Frankryk betuig.

Klik hier vir foto’s en video’s van die aanvalle. WAARSKUWING: Die foto’s en video’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Niel ·

Ek wonder wanneer veroordeel Zuma die sinnelose moorde veral plaasmoorde in SA, dis reg onder sy neus, maar hy swyg daaroor

Johan ·

Die huidige regime het seker VOOR sy medelye aan Franse, IS geluk gewens met hul voortgesette “styd” om “vryheid!

Koos ·

Eers maak die Franse die grense oop en nou wil hulle dit weer toemaak. Hulle is verward, wil hulle dit nou oop of toe hê? Jammer om te sê die trojaanse perd is reeds in. Miskien het Mnr Holland darem wigte en teenwigte in plek.

Peet ·

Daars 45 moorde per dag in Sa.
M.a.w. meer as 2/uur!
Dis minder as 3 dae se moorde in Sa…!
Dalk n goeigeleentheid dat ons Sa media die situasie gebruik en ons probleem wêreld wyd stuur.

Sarie ·

Het ook dieselfde gedagte vandag gehad. Die moord land van die wereld haal nie die hoofopskrifte nie.

Eliza-beth ·

Wat my nog altyd skok is dat terreurgroepe of mense “verantwoordelikheid aanvaar” vir moorde op grootskaal. So asof hul trots is op die dood van heelwat onskuldige mense. Mense wat niks aan hulle gedoen het. wie hul nie eers ken en ook nie oor en weer griewe teen het nie, maar nogtans is hul klaarblyklik trots op hul dade. Dit walg my dat diesulkes hulself “mense” kan noem. Dis nie wat die begip “mens” beteken nie. Dat hulle die moorde in die naam van hul geloof kan doen is nog erger. Hoe siek het die mensdom nie geword nie…

chrisp ·

Eliza-beth.
Baie waar, Laat my ook dink aan ‘n spesifieke organisaie(ANC)in die verlede(dalk nog?)wat van soortgelyke metodes gebruik gemaak het en erger.
Deels aan die stuur was mos ‘n ene Nelson(en dis nie daai een van die seemeeu in die liedjie nie).Wel die wereld afgod en nobelprys wenner vir vrede nogal.Die een wat se begrafnis dieselfde Hollande wat nou ‘n noodtoestand en 3 dae van rou afkondig net nie kon mis nie.

Die wereld is voorwaar siek.

Dee ·

En dit klink altyd vir my sinneloos wanneer regeringswoordvoerders sulke dade ‘ten sterkste veroordeel’. Wat beteken dit? Hoegenaamd niks! Dit behoort aanvaar te word dat sulke dade verpes word sonder om dit te sê. Die probleem is nie noodwendig Jihadiste of aggresiewe moslems nie. Die wêreld se probleem is moslems. Nooit word gehoor dat ènige moslem sulke moorde afkeur nie. En Europa is besig om te vermoslem.

Marous ·

Die VSA , Brittanje en Europa het die gemors begin. Hulle was gewaarsku om uit die mense se lande te bly anders sou hierdie dinge volg. …nou het dit begin.Terreur is in mense se gedagtes en geloof daarmee saam maak dit fanaties. Tensy die Weste en Europeers gedagtes kan lees , is daar nie ‘n manier wat hulle gaan wen nie ….agt ouens jaag die magtigste nasies op hol met die minimum!!!

Genis ·

Die tyd vir kortsigtigheid is verby. Die uitwissing van Islam het reeds in 1990 in Koeweit begin en dit gaan steeds voort. Die moslem lande word ingeval en nie andersom nie. Irak, Afghanistan, Libië… Saoedi Arabië is die volgende teiken van die wêreldmagte. Hulle kry strooipop regerings wat by die komende globale ekonomiese stelsel sal inskakel sonder teenstand. Wie bewapen en befonds Isis? Gaan kyk bietjie.

Ralph ·

Meneer Jacob Zuma,hy is mos net die president by die ANC en nie die land is so korrup en belaglik,hoe kan hy vir ons land praat

Genis ·

Ns: Het Frankryk nie die A en C se kommunikasiestelsel verskaf tydens dié terroriste se aanvalle op die Apartheid regering nie? Sit Frankryk nie agter operasie Amaryllis (die Rwanda volksmoord) en die lugaanvalle op o.a. Libië en Sirië nie? Ek sê nie hulle verdien terreuraanvalle nie maar hulle is wragtig nie onskuldige engeltjies nie.

Eliza-beth ·

Elkeen van ons wat onsself mens ag behoort, in die naam van “menslikheid” ‘n oomblik stil te raak en te dink aan ALLE onskuldige slagoffers soos in hierdie geval, soos in die wêreldoorloë, in Nazi-Duitsland; menslagtings in lande soos Armenië, soos in Rusland, in die VSA – ag feitlik elke land oor die jare – nee eeue, soos in die Anglo-Boere-oorlog – ontelbare gevalle. En steeds hou dit nie op nie. Die mens leer nie. Dis vir my erg. Ons is amper in die kerstyd – ‘n tyd vir vrede en liefde en tog lyk dit nie asof dit so gaan wees nie. Ek wens dan maar al my mede-lesers en kommentators hier, of hul altyd hou van wat ek sê al dan nie by voorbaat ‘n vredevolle kerstyd toe want skielik, met hierdie gebeure besef ek weereens hoe kort die lewe is en dat mens naasteliefde moet probeer uitleef wanneer mens kan, want more mag dalk nie wees nie.

heni seemann ·

mense voel hulle meestal net as slagoffers… terwyl dieselfde dikwels ook daders is… nazis & apartheid se konsep verskil nie veel van mekaar nie… maar die mens vergeet graag…

heni seemann ·

ware kersfees skei die kaf van die koring… bont liggies en vreetsessies pas nie in n stink stal nie… daar was geen plek in die herberge… is vandag nog geldig onder die meeste “chtistene”…

Rynhardt ·

Ek het in die 2015 April-uitgawe van die Afrikanertydskrif verwys na die tweede groot terreuraanval wat Frankryk gaan tref asook terreuraanvalle in Europa met toestroming van moslems en turke, asook afrikane.Dit is nou ervaar, maar net die begin.Die Islamitiese Staat (IS) wat verantwoordelikheid aanvaar het, is Alkaide (die terroristegroep) onder dekmantel wat deur Obama en C.I.A. gefinansier word! Die Amerikaanse filmmaker, Alex Jones asook die omroeper en skrywer, Michael Savage het dit op rekord bevestig! Die Islamitiese staat se doel is nie net om die Midde -Ooste in chaos te dompel nie, maar ook Europa! Hoekom?Sodat jou een wereldregering uit die chaos kan kom.Vanaand op SABC2 nuus met die Franse terreuraanval (wat goed beplan was) het die SAUK vir die eerst keer die volgende verklap.Die pous het gese:”Hierdie aanval was die begin van die derde wereldoorlog.”Met hierdie stelling het die pous homself in die voet geskiet.Dit is op rekord dat die pous deur die nuwe wereldorde gebruik word om sy invloed te laat geld by wereldleiers.Kom ons kyk na die Woord en geskiedenis, sodat jybkan sien hoe alles bymekaar aansluit.Openbaring 13en 17 praat van die dronkvrou.Die dronkvrou simboliseer die valse kerk.Dit is jou vatikaan, ook genoem Rooms-Katolieke kerk.Eeue gelede het die monnik, Martin Luther, wat eerste Bybelse vertaling gedoen het&die volgende gese:”Die valse kerk is in Rome”.Johannes Calvyn, die kerkhervormer het die volgende gese:”Valse kerk is in Rome”.Geskiedenis ondersteun die Woord! Dit was juis ook dievpous watvin Oktober2015 die volgende belangrike stelling gemaak het:”It’s time for a new world government to emerge”.Hierdie uiters belangrike stelling moes op die voorblad gewees het van jou afrikaanse dagblaaie.Dit was opsetlik deur hulle en die SAUK geignoreer! Die pous gee openlik sy steun vir n een wereldregering! In Openbaring 13 en 17 word gepraat van die 10horings Die is die toekomstige Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk wat gaan bestaan uit 10 Europese nasies! Daardie Ryk gaan die valse kerk wat die pous verteenwoordig, se bevele uitvoer.Hoe weet ek dit? Openbaring 17 praat van die draak wat agter die dronkvrou staan, m.a.w. Satan.Daarom mag jy nie met hierdie valse Ryk assosieer nie.Die voor malige, gewilde Duise politikus, Baron Zu Guttenberg het skerp tevelde getrek teen die Duitse kanselier, Angela Merkel.Merkel het talle Europese lande gedwing om die duisende moslems te verwelkom, maar het later skielik n ommeswaai gemaak. Daniel 11vers 21 praat van die leier (n tweede Hitler) wat onverwags sy verskyning gaaj maak om sy Ryk te kom lei.Is daai tweede Hitler die baron? Net tyd sal leer.Ek glo dit is hy.Guttenberg is van adelike afkoms en het n militere agtergrond.Hou Europa en Duitsland verder dop vir terreuraanvalle en chaos.Hou ook dop die man wat Merkel gaan vervang! Europa gaan baie, en ek bedoel baie donker raak.Jy sal dink dit is n droom, maar dit gaan n werklikheid word.Onthou die volgende ingedagte.Die wereld se skuld beloop op meer as $76triljoen waaruit hul nie kan kom nie.Dit sluit aan by 90% van Bybelse profesie wat invervulling gegaan het.Amerika is op pad na $20 triljoen se skuld waaruit hy nie kan kom nie.Ongeag wat die presidentskandidate, Hillary Clinton en Donald Trump mag kwytraak.Amerika is reeds geneutraliseer, sy supermoondheidstatus is verby.Die wereld gaan vinnig verander en talle mense is te blind in wereld om te sien wat aan die ontwikkel is.

Gerhardt ·

Skuld is releatief. Dis ‘n nul som. Daar is iemand aan wie geskuld word, dus is skuld ‘n mensegemaakte konstruk. Al wat gebeur is dat Sjina bloot 10 triljoen afskryf.

Stefan Malan ·

Ag toggie profeet en siener Rynhardt!! Ek kan versies uit jou spesifieke geloofsboek aanhaal en interpreteer om eerstens die feit te bevestig dat ‘n vermomde ou man, met rooi klere en ‘n wit baard, in die verlede oral oor die wêreld heen in Desember verskyn het en aan die einde van daardie maand weer skielik spoorloos verdwyn het. Tweedens, voorspel ek dat dit hierdie Desember presies wéér so sal gebeur en “… talle mense is te blind in die wêreld om te sien wat aan die ontwikkel is.”, om jou aan te haal.

Géén geloof (watter een van die meer as 30 000 verskillendes – of is slegs joune die ‘regte’ een?) of geloofsboek, en profeet en siener, is nodig om rasioneel te weet dat die wêreld reeds met ernstige probleme te kampe het en op verdere probleme afstuur as gemeenskaplike internasionale sake nie na behore bestuur word nie.

Jy is wel geregtig op jou eie persoonlike opinies, maar nie jou eie ‘feite’ nie.

Marthie ·

En ons onnosele “president” nooi hulle -terreurgroepe-sommer SA toe . Stupid neh? En ons plaasmoorde word onder die mat ingevee want ook daarvoor wil hy nie verantwoordelikheid aanvaar nie.

heni seemann ·

leë blikke maak die meeste lawaai… oog vir n oog… die mens leer nie…

Ben ·

Het iemand al na die lirieke gekyk van die rock groep by die konsert opgetree het? Dit is satanisties. 2 kort uittreksels: “who will love the devil, who will kiss his tongue? Who will sing his song? I will love the devil, I’ll kiss his tongue, I will sing his song” (Kiss the devil) En die juweel uit “Midnight creeper”: Your child is gently sleeping, pleasant dreams in his head, that wife of yours is a sweet young thing, when I leave your wife will be dead, my steel is sharp and silent, the devil guides my hand, I just love to slit them throats, and creep all around this land” Wie luister in elk geval na sulke goed?

Ben ·

En die juweel uit “Midnight creeper”: Your child is gently sleeping, pleasant dreams in his head, that wife of yours is a sweet young thing, when I leave your wife will be dead, my steel is sharp and silent, the devil guides my hand, I just love to slit them throats, and creep all around this land” Wie luister in elk geval na sulke goed?

Gertjie ·

Die regering sal nie hierop reageer nie, want hulle het dieselfde gedoen met hulle bomme en petrol teenoor onskilige mense.

Ben ·

2. uit “Midnight creeper”: Your child is gently sleeping, pleasant dreams in his head, that wife of yours is a sweet young thing, when I leave your wife will be dead, my steel is sharp and silent, the devil guides my hand, I just love to slit them throats, and creep all around this land” Wie luister in elk geval na sulke goed?

Ben ·

My kommentaar gaan nie deur nie maar soek die “Eagles of death metal” se lirieke. Dis die groep wie se konsert ge-jihad was. Lees veral “Midnight creeper” se woorde. Dit laat my hare rys dis so demonies.

chrisp ·

Heni.
Aangesien ons so graag vergeet herhinder ons weer aan al die ooreenkomste tussen apartheid en die nazis.Dalk help ek jou net met die ooreenkomste tussen apartheid en die reg van volkere en so ook die ooreenkomste tussen apartheid en die meeste westerse eerste wereld lande.Dis nou voor die verval wat nou begin plaasvind daar, juis oor die liberalistiese( almal is dieselfde) geloof wat aangehang word .

Liberale moet vinnig groot genoeg word om die lyding wat hulle veroorsaak reg te stel.Liberale (eintlik is die woord gekaap ,hulle is dit lankal nie meer nie) maak mense dood!

Jy moet die DA ondersteun met ‘n passie want jy versprei leuns net soos hulle. Kry jy nie skaam nie?

Genis ·

Rynhardt, met respek moet ek ten sterkste van jou stelling dat Duitsland die dier van openbaring is verskil. Dit is The trumpet propaganda. Die hele wêreld is besig om in 10 koninkryke of ekonomiese streke verdeel te word. Ek sal dié 10 toekomstige koninkryke in kommentaar hier plaas.

Rynhardt ·

GENIS, jy kan my nie ore aansit nie.Dit het niks met Trumpet propaganda te doen nie.Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk het n bloedige geskiedenis wat strek oor 1500 jaar! Duitsland is die hart van Europa en was verantwoordelik vir twee wereldoorloe.Daniel 11:40 spel duidelik die 2000 jaaroue voorspelling van die Here uit dat die koning van die Noorde (Duitsland en die Heilige Romeinse Ryk) gaan bots met die koning van die Suide (Iran).Die begin van jou derde wereldoorlog.Genis, kom ons kyk wie gaan reg wees.Jybis te lig in die broek om my ore aan te sit!

Rynhardt ·

GENIS, die 28 lidlande van die Europese Unie is vrot van korrupsie en moet daal tot tien soos Openbaring 13 en 17 uitspel.Bybelse benaming vir Duitsers is die Assiriers.Ek het by top internasionale meesters van godsdiens geleer.Die probleem vandag met ons Afrikaner/Boervolk is dat ons met dwarstrekkers en”sell outs” sit wat niks wil leer nie, daarom sit ons mense in n halglike posisie.Genis, ek het nie tyd om met n dwarstrekker te argumenteer nie.Doen jouself die guns en kry die internasionale boek, The Holy Roman Empire in prophecy deur Brad Mcdonald.Miskien genees dit jou van dwarstrekkery! Cheers my ou!

Frans ·

Demokrasie is ‘n vreemde begrip in die Midde-Ooste.Die weste onderleiding van Amerika het die gesagstrukture wat baie herinner aan Bybelse tye omvergewerp sonder om aanvaarbare
strukture vir alle faksies in plek daarvan te stel.

In hierdie vakuum floreer die ekstremistiese Islam en ander wat alle strukture geskiedkundig en modern met die grond wil gelykmaak wat met hulle vertolking van die Islamietiese geloof verskil.

Jy hoef nie veel verder te gaan asom te besef dat die Islamietiese staat se uiteindelike doel
die uitwis van Israel en vernietiginging van die Christendom in die Midde Ooste is en vir die doel nie huiwer om verkragting en verslawing, tesame met grusame onthoofding as wapens te gebruik.

Europa het ‘n enorme probleem want om tussen ontevrede inwoners weens hoë werkloosheid en behuisingsprobleme nog plek te maak vir miljoene vlugtelinge gaan mi
hul hulpbronne en geduld van inwoners tot die uiterste beproef .

Moenie verbaas weesas gematigde tot ekstremistiese regse groepe groot invloed in die volgende verkiesing gaan uitoefen in Europese lande.

Genis ·

Vat ‘n wêreldkaart en merk hulle af. Hierdie streke sal almal ‘n sentrale regering hê. Die 10 koninkryke is 1) Noord Amerika insl. Kanada + Meksiko 2) Wes Europa 3) Japan 4) Australië + Suid Afrika 5) Oos Europa, Rusland + voormalige Sovjet lande 6) Suid Amerika, Brasilië ens. 7) Midde Ooste + Noord Afrika 8) Tropiese Afrika, Zim, DRK, Mosambiek ens. 9) Suid en Suidoos Asië (ASEAN) + Indië en Pakistan 10) Sjina. Ek herhaal! Duitsland is NIE die dier nie maar slegs deel van een van sy 10 horings!

Rynhardt ·

Stefan Malan, ek het nog nooit gese ek is n siener nie.Jy slaaslaag nie daaraan om my te brandmerk met jou titel nie! Wanneer n mens n begrip van dinge het, is daar hoop vir jou of selfs wanneer jy n halwe begrip het.As jy geen begrip van iets het nie, is daar geen hoop vir jou nie.Sover ek weet, bied die grondwet aan my die reg tot vryheid van spraak!

Stefan Malan ·

Jy is 100% reg Rynhardt, die Grondwet bied jou die reg van vryheid van spraak – en daarmee saam ook die reg om jou naam, onder ‘n skuilnaam, krater te maak – leef voort in jou illusies, maar jy beïndruk niemand nie (en ek kan jou ‘n bybelversie aanhaal om dit te bevestig).

Soos jy vir Genis aanbeveel, kry gerus ook vir jou die internasionale boek ‘The God Delusion’ van Richard Dawkins om jou oë bietjie oop te maak. En so van die ‘Holy Roman Empire’ gepraat, kry gerus vir jou die internasionale boek ‘The religion of the Roman Empire’ van James B Rives om te sien hoe ‘unholy’ jou ‘holy’ Romeinse ryk eintlik was.

Cheers my ou – vir jou soort kan ‘n psigiater en medikasie nie eers van hulp wees nie.

Johan ·

Voel jammer vir onskuldige mense, 128 mense sterf en dit is wereld nuus maar hoeveel boere is al vermoor en haal nie eers die plaaslike koerant nie.

nig ·

Dankie Eliza-beth vir positiewe wense. Jammer dat mense mekaar weer aanval en dinge verdraai en kritiseer soos dit hul pas. Seënwense vir die wat dit wil hê, oor die ander kan ek en ander wat omgee soos hier genoem regtig niks doen en dit maak dus ook nie saak nie.

Genis ·

Rynhardt, ek probeer jou nie ore aansit nie. Ek het al Brad en die res van die Trumpet span se goed gelees. Ek het die ware 10 koninkryke, waarvan Duitsland net een horing van die dier uitmaak, as kommentaar gepos maar Maroela wil dit nie publiseer nie. Ek lei dus af dat ons Vader dit nie aan jou wil openbaar nie. Gaan jou wel en sterkte.

Johan ·

My vraag is, toe die terroriste bomme in SA laat ontplof het, waar was die res van wereld se simpatie toe met ons gewees? Het Frankryk nie ook vir die terroriste “helde” gedurende apartheid politieke asiel gegee nie? Hulle toegelaat om vrylik rond te beweeg en steun vir hulle terreur aanvalle in SA te werf nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.