Turkye-mynontploffing: Meer as 200 dood, honderde nog vasgekeer

Cengiz Ergun, burgemeester van Manisa by van die myners in Turkye wat reeds gered is Foto: Cengiz Ergun, Facebook

Cengiz Ergun, burgemeester van Manisa by van die myners in Turkye wat reeds gered is Foto: Cengiz Ergun, Facebook

Minstens 201 mense is Dinsdag dood en honderde is steeds ondergronds vasgekeer ná ʼn ontploffing by ʼn steenkoolmyn in Turkye.

Altesaam 787 mynwerkers is ondergronds vasgekeer toe die ramp by die Soma Komur-myn in Manisa plaasgevind het. “Van die persone wat gered is, is 80 beseer waarvan vier ernstig beseer is,” het Taner Yildiz, minister van energie, gesê.

Die ontploffing Dinsdagmiddag is moontlik deur ʼn foutiewe elektriese transformator veroorsaak.

Brandbestryders probeer steeds skoon lug in die mynskag inpomp vir diegene wat nog ongeveer twee kilometer ondergronds vasgekeer is.

Vedat Didari, ʼn professor in mynwese, het aan AFP gesê die grootste risiko vir die vasgekeerde werkers is die tekort aan suurstof. “As die dakwaaiers nie werk nie, kan die werkers binne ʼn uur sterf,” het hy gesê.

Klik hier om nog foto’s van die reddingspoging te sien.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.