Vierde land meld Ebola-gevalle aan

Dokters Sonder Grense neem 'n ebola-slagoffer in Guinee weg Foto: thewestsidestory.net

Dokters Sonder Grense neem ‘n ebola-slagoffer in Guinee weg Foto: thewestsidestory.net

Die eerste gevalle van Ebola is Vrydag in Nigerië aangemeld. Nigerië is nou die vierde land in Wes-Afrika wat deur die virus geraak word.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag nuwe statistiek vrygestel en bevestig dat minstens 660 mense reeds weens die ebolavirus gesterf het. Minstens een persoon is reeds in Nigerië dood.

Daar is reeds 1 093 gevalle van Ebola aangemeld en 28 persone is tussen 18 en 20 Julie oorlede. Altesaam 13 persone het in hierdie twee dae in Sierra Leone gesterf; 11 in Liberië; en vier in Guinee. Altesaam 45 nuwe gevalle is in hierdie twee dae aangemeld.

Guinee het reeds 314 sterfgevalle en 415 gevalle aangemeld sedert die uitbreking in Januarie begin het.

Sierra Leone het reeds 219 sterftes aangemeld met 454 persone wat gediagnoseer is.

Liberië het 224 gevalle aangemeld, waarvan 127 pasiënte reeds gesterf het.

Vyf “spesies” van die Ebola-virus is tot dusver geïdentifiseer, naamlik Bundibugyo, Sudan, Zaire, Tai Forest en Reston. Die eerste drie is veral gevaarlik met ʼn sterftekoers van tot 90%. Die Reston-spesie is ook in China en die Filippyne uitgeken, maar geen verwante sterftes is tot dusver in hierdie lande aangemeld nie.

Lees ook:
Ebola-sterftes styg steeds
Ebola-sterftes nou meer as 140
Ebola-virus eis 121
Ebola-uitbreking bevestig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ogies ·

Ekskuus Maroela, maar die eerste sin maak nie sin nie. Ek reken dit moet wees: Die eerste gevalle van Ebola in Nigerië, is Vrydag aangemeld.

Sune van Heerden ·

Dagsê Ogies,

Nigerië is die vierde land in Wes-Afrika wat gevalle van die Ebola-virus aangemeld het. Ons hoop dit is nou vir jou duideliker.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ogies ·

Ja nee jitte, ek verstaan nou sommer baie mooi, baie dankie.
Die eerste gevalle van Ebola is in Nigerië aangemeld. Joe, ek dog di’s al ‘n ou siekte. Moes my seker misgis het met ‘n ander siekte.
Dankie vir die terugvoering. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.