Virgin-vliegtuig nie gekaap nie, slegs besope passasier

Gewapende polisie bewaak die vliegtuig Foto: HKV/Barcroft Media

Gewapende polisie bewaak die vliegtuig Foto: HKV/Barcroft Media

ʼn Vliegtuig van Virgin Airlines moes ʼn noodlanding in Bali doen nadat ʼn besope passasier ʼn kapingswaarskuwing laat afgaan het. Die passasier het glo die kajuit bestorm.

Die lugmag in Indonesië het gesê soldate het op die Boeing 737-800 toegesak ná aanvanklike berigte dat die vliegtuig, van Brisbane in Australië, gekaap is.

Die passasier is in hegtenis geneem toe die vliegtuig van Virgin Australia by die Denpasar-lughawe geland het, berig Sydney Morning Herald. Die man het glo reeds op die vlug aggressief opgetree en is in die lug geboei.

Heru Sudjatmiko, ʼn beampte van Virgin Australia het later bevestig daar was geen poging om die vlug te kaap nie, en het die voorval as ʼn “vlug-noodgeval” beskryf. “Dit was duidelik ʼn misverstand,” het Sudjatmiko gesê. “Dit was ʼn dronk persoon. Te veel alkohol het veroorsaak dat hy aggressief opgetree het.”

Die lugredery het bevestig alle passasiers is ongedeerd en is ontruim.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hy was seker bang om te vlieg. En toe maak iemand hom dronk voor hy op die vliegtuig kon klim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.