Wynland-tolprojek: Dringende interdik aangehoor

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal volgende maand ‘n dringende interdik aanhoor om die Wynland-tolprojek te stuit.

“Die interdik-aansoek sal op Donderdag 16 Mei in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word, wanneer die stad op ‘n bevel sal aandring om Sanral te verhoed om enige verdere stappe te doen om met die voorgestelde N1-N2 Wynland-tolprojek voort te gaan,” het Brett Herron, burgemeesterskomiteelid van paaie en vervoer, gesê. “Sanral versuim om ‘n volledige rekord van dokumentasie verwant aan die tolprojek te verskaf, insluitend hoeveel die projek gaan kos en hoeveel tolgeld moontlik gehef gaan word.”

Die stad het in November 2011 ook ‘n dringende interdik-aansoek ingedien. Sanral het in daardie stadium ingestem om geen verdere stappe te doen om met die projek voort te gaan alvorens ‘n besluit oor die hersieningsaansoek geneem is nie.

Sanral het op 6 Maart ‘n kennisgewing aan die stad gestuur dat hy met die projek voortgaan. Herron sê Sanral het ingestem om nie voor 1 Junie 2013 ‘n konsessieooreenkoms aan te gaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.