Zuma: ANC-manifes is ‘wonderlik’

President Jacob Zuma op 8 Januarie in Nelspruit. Foto: SAPA

President Jacob Zuma op 8 Januarie in Nelspruit. Foto: SAPA

Die ANC se manifes vir die 2014-verkiesing sal vir Suid-Afrikaners sê presies wie om voor te stem, het president Jacob Zuma Vrydag gesê.

“Dis ʼn wonderlike manifes,” het Zuma aan senior ANC-lede en ondersteuners gesê tydens ʼn ete in Nelspruit, voor Saterdag se amptelike bekendstelling van die manifes by die Mbombela-stadion. “Ons vra mense om te stem. Dit is hul hardverdiende stem en môre sal ons vir hulle sê presies vir wie hulle moet stem want ons glo dat die ANC die organisasie van die mense is.” Zuma het ʼn kort beskrywing gegee van wat van vanjaar se manifes, wat opgedra word aan oudpresident Nelson Mandela, verwag kan word. “Ons manifes sê baie dinge. Ons gee ons visie daarin. Ons verbind ons daartoe om Suid-Afrika vorentoe te beweeg.” Die manifes sal onder meer kyk na die land se 20 jaar van demokrasie maar ook wat die party die afgelope vyf jaar vermag het. Daar word onder meer gefokus op die Nasionale Ontwikkelingsplan, landelike ontwikkeling, werkskepping en die ekonomie, voedselsekerheid, gesondheid, onderwys, misdaad en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gideon Erasmus ·

Ek het gedink daar sal op Nelson se knoppie gedruk word vir hulp!

Simon De Vos ·

Na 20 jr van demokrasie is da nog optogte vir dienslewering beter salaris verhogings nog steeds veral swartmense wat toi toi dus duidelik dat di ANC gefaal het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.