Zuma pos drie ministers

Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het Dinsdag tydens ʼn skommeling van sy kabinet drie ministers gepos en twee omgeruil.

Dit is die vierde keer sedert 2010 dat Zuma sy kabinet skommel. Dina Pule, minister van kommunikasie, is een van die minister wat haar pos kwyt is. Pule was die afgelope tyd gereeld in die nuus met berigte van korrupsie. Sy is onder meer daarvan beskuldig dat haar vriend finansieel by ʼn IKT-indaba wat deur die departement aangebied is, gebaat het. Tokyo Sexwale, minister van huisvesting, en Richard Baloyi, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is ook hul poste kwyt. Yunus Carrim vat by Pule oor terwyl Connie September moet probeer om Sexwale se skoene vol te staan. Lechesa Tsenoli sal by Baloyi oorneem. Ben Martins, minister van vervoer, en Dipuo Peters, minister van energie, word omgeruil. John Jeffery is die nuwe adjunkminister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, Michael Masutha is die nuwe adjunkminister van wetenskap en tegnologie, Andries Nel is die nuwe adjunkminister van samewerkende regering en tradisionele sake terwyl Pamela Tshwete as die niwe adjunkminister van landelike ontwikkeling en grondhervorming aangekondig is.

Die nuwe lede sal Woensdag hul eed aflê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro ·

Die Pres het nou maar net Tokyo Sexswale se papierwerk gestempel sodat hy amptelik by die EFFies kan gaan aansluit. En dit beloof entertaining te wees om te sien hoe hy homself voorberei om die Pres se troon te kantel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.