Zuma reageer op Puk-groet

Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

President Jacob Zuma het Dinsdag by die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus sy skok uitgespreek oor berigte dat studente by dié universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom glo die Nazi-saluut gebruik het.

“Die gebruik van gebare wat verband hou met Naziïsme word regdeur die wêreld veroordeel en is oorblyfsels van ʼn tyd wat gesimboliseer word deur verdrukking, vervolging en die ergste gruweldade wat in menslike geskiedenis gepleeg is,” het Zuma gesê.

Beeld het op 21 Februarie berig dat sommige studente tydens die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram ʼn gebaar gebruik het wat herinner aan die “Sieg Heil”-saluut. Die koerant het foto’s van groepe studente by dié kampus gepubliseer.

Zuma sê universiteite moet verantwoordelike burgers en toekomstige leiers ontwikkel wat regverdig en vrydenkend sal wees en hulself beywer om ʼn samelewing te bou waar onverdraagsaamheid en ongeregtigheid nie toegelaat word nie. “Die ANC beskou die saak in ʼn baie ernstige lig en sal nie enige ongrondwetlike aktiwiteit aanvaar wat deur enige onderwys- en opleidingsinstansie gemaak word nie,” het hy gesê.

Zuma het bevestig dat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, die saak ondersoek. -SAPA

Lees ook:
Duisende steun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Puk-studente begin eie veldtog
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Eugene de Scally ·

Mnr. Zuma kan pure studentepret veroordeel en dit ongrondwetllik verklaar, maar oor belangrike sake soos plaasmoorde rep hy nie n woord nie. Ek daag Mnr Zuma om Plaasmoorde te veroordeel en n stelsel in plek te kry om Boere te beskerm.

Eugenie ·

Studente pret inderdaad. Intussen vergeet hy sy eie power gebalde vuisie in die lug wanneer daardie verbode lied om ons boere te vermoor, luidkeels saam sing. Zuma sal minder as niks vir ons Boere/boere doen!

JB ·

Sy “reaksie” was beslis soos ons verwag het. Hy moet hom eerder toespits op landsake! Nie dat dit gaan help nie!!

Eben ·

zuma bepaal jou by korrupsie en oor jou korrupte regering. Vertel ons oor zumaville hoe het jy daardie geldjies goedgekeur jy mos geweet …..

Vertel ons hoe veroordeel jy plaasmoord, komaan jou stortkop! ‘Sieg Heil’

Gert Strydom ·

@JB en @Eugene, daar nie genoeg leierskap vermoë om hom met ernstige sake te bemoei nie.

Duidelik het hy nie die video gesien het nie. Kan ons nie maar gehoor gee aan Flip Buys se oproep nie:

” ’n Goed georganiseerde optog om positiewe steun vir Afrikaans te betoon, moet sterk oorweeg word. Afrikaanse studente hou nie van optogte nie, maar daar is sekere dinge wat die moeite werd is om voor te veg, soos die toekoms van ’n goeie Afrikaanse kampus waar studente nog in ’n veilige omgewing hoëgehalte-opleiding en ’n heerlike studentelewe kan kry.” Lees die artikel in “Die redes agter die veldtog..” in Maroela se Groot Debat

kraalmuur ·

As jong Zulu-maagde kaalbors tradisioneel voor hul koning dans om hul maagdelikheid te bewys, mag jong wit (en swart) meisies nie voor hul PUK koshuis dans om hul lojaliteit teenoor hul prim en koshuis te toon toon nie?

Jasper ·

Wat verwag mens van so n korrupte Staatshoof wat saam met sy kaders die Staatskas leeg plunder ?
Met sy gebrek aan leierseinskappe sal ek hom nie eers Gr. R klaskaptein maak nie.

Slim Daan ·

Vreemd….komend van n man wat al om die ander dag met gebaar en dans pleit vir sy masjiengeweer. Maar hey ! Lsg. is n ” tradisionele ” protes-song en daarom ok. Se gat man !

AmY ·

Sê die ‘man’ wat KILL THE BOER met die vuis in die lug gesing het. As sy sin kon kry, was al ons blankes al in ‘gaskamers’ gewees.

Hennie Pienaar ·

Die arain salute is baie ouer as die duitse taal self. Ou zoema se masjiengeweer liedjie is die direkte oorsaak van duisende moorde op blankes in ons huidige land, hy is die laaste een om vinger te wys.

Christine ·

Zuma is gou om sulke aantuigings te maak oor die PUK maar hoekom doen hy dit soos ‘n bang gat op die Mafikeng Kampus? Is hy te goed vir die Moeder kampus? Wat het van Julius Malema geword toe hy ‘n publieke stellinh gemaak het dat hy sal seker maak alle Boere van hul plase sal verwyder word deur “Means of Force and blood”? Behalwe dit, daar is talle clips van Boere Genocide, hoe massas mense beklemtoon hoe hulle die boere op hul plase sal vermoor net omdat hul blank is. Zuma het niks daaroor te se nie. Maar sodra dit by die PUK kom, is Zuma en sy minions vuur en vlam…
Ek is ‘n PUK student en trots!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.