Haas Das

Volle naam: Haas Das

Beroep/Veld: Nuusleser op Diereland TV

Aantal jare ervaring: 36

Prestasies: Die eerste kindertelevisiereeks in Suid-Afrika; tree steeds van tyd tot tyd op by kunstefeeste.

Google Hits: 9 610

Biografie:
Die karakter Haas Das word in 1976 deur Louise Smit geskep. Hy vorm die sentrale karakter in die eerste kinderprogram op Suid-Afrikaanse televisie, getiteld Haas Das se Nuuskas. Saam met sy mede-anker, Piet Muis, bied hy ʼn nuusuitsending in Diereland aan. Die nuus wat aangebied word fokus op allerlei diere in Diereland se wel en weë. Hierdie program sorg vir kykgenot van Afrikaanse kinders oor geslagte heen.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Andries du Plessis ·

My kiders het saam met ons Haas Das elke aand opgekyk en kon nooit genoeg daarvan sien nie. Dit het waarlik deel van ons top tyd kykgenot geword

Johan Maritz ·

As Kind het oom Riaan Craywagen as Haas Das se stem my vasgenael voor die TV gehou. Vandag is Oom Riaan weer die oorsaak dat ek Afrikaanse Nuus kyk wat hy voorlees. Dankie Oom Riaan, Haas Das, Craywagen!!!!

Veronica Filgate ·

As kind was ek ook versot op Haas Das se Nuuskas! en glimlag nounog wanneer ek die herinnering oproep! Voorwaar ‘n wenner, na al die jare wanneer ek in SA kom en Riaan die nuus hoor voorlees, dan raak my hart sommer warm wanneer ek luister na sy mooi suiwer taalgebruik en die ronding van woorde wat die jong Afrikaners deesdae so plat uitspreek en selfs met ‘n Engelse woord vervang! Dankie Riaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.