Trompie en Saartjie

Volle naam: Saartjie Baumann en Trompie Toerien

Beroep/Veld: Helde van die Saartjie en Trompie-jeugboekreekse

Plek van Geboorte: Lynnekom (Saartjie) en Kwaggaberg (Trompie)

Aantal jare ervaring: 30 (die eerste Saartjie-boek verskyn in die ’70s) en 62 (die eerste Trompie-boek verskyn in 1950)

Prestasies: Beide kom met allerhande kattekwaad weg. Trompie is in 1980 op televisie uitgesaai. Trompie is die leier van die Boksombende; Saartjie van die Drie Muskiete

Google Hits: 23 200 (Saartjie) en 25 800 (Trompie)

Biografie – Trompie:
Die eerste Trompie-boek uit die pen van Topsy Smith (die skuilnaam van Matthys Gerhardus Smith) het in 1950 verskyn met opvolgstories wat tot 1956 verskyn het. Trompie die TV-reeks is in 1980 uitgesaai met Anton Goosen wat die bekende titellied gesing het. Trompie-boeke word gereeld herdruk.

Biografie – Saartjie:
Die Saartjie-reeks het die eerste keer in 1953 verskyn en is tot 1958 gepubliseer, maar word gereeld herdruk. Matthys Gerhardus Smith het dit onder die skuilnaam Bettie Naudé geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Susan Lombaard ·

Nog een van Trompie se prestasies is natuurlik dat hy vir Dawie uit die dorpsdam gered het. (Dis nou nadat hy vir Dawie van die damwal afgestamp het.)

Angelique ·

Ekt die hele reek van Trompie en Saartjie gelees. Nogsteeds die beste boeke wat ek ooit as kind gelees het. Sal dit graag aan my kinders wil oordra

Leonie Vortsman ·

Ek sal graag meer inligting aangaande sy lewe wil he: bv geboorte plek, datum, ouers ens. My kind benodig dit vir ‘n Afrikaanse Taak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.