Soorte resepte:

Maklikste, lekkerste koekies

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Doodmaklike, doodeet-lekker koekies van Marlise Booyens

Bestanddele:
1kg botter (of goeie kwaliteit bak-margarien)
1kg meel
500g versiersuiker

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C.

Room botter en versiersuiker tot baie lig met elektriese klitser of voedselverwerker – dit moet amper soos styfgeklitste room lyk. Roer die meel by. Rol uit (die deeg het ‘n lekker tekstuur, soos klei – kinders kan maklik daarmee werk). Druk vormpies van eie keuse uit. Bak vir 10-15 minute.
Dit maak vreeslik baie koekies!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

roseline ·

ek hou baie vav bak so n maklike resep is net wat ek nodig het

Nadia ·

Ek ken die resep al te goed ons maak die sele resep by ons Hotel in Pta ! as jy wil kan jy Cocoa ook by gooi .. net so n eetlepel net vir kleur en dan sjokelade stukkies glooo my dis Vreeslik lekker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.